14 April 2020

Hoogtepunte van Paasnaweek 2020

Dit was effens hartseer om die naweek daaraan te dink dat ons by Ebb and Flow sou gewees het as dit nie vir lockdown was nie. Ek het so uitgesien na Wildernis, die see, die reuk van die tuinroete. Om op die rivier te speel met kano's.

So ek sit al daai prentjies en uitsien in 'n boksie, plak dit toe, en merk dit LATER. Met 'n plekkie vir 'n datum wat ons kan opskryf sodra ons weet.

'n Rustige, veilige naweek het ons wel gehad. Jacksonville Baptiste se passiespel was ons geestelike inset. Mooi musiek, baie goed gespeel en nogal baie realisties. Dit het ons weer op die Rich Mullins musiekspoor gesit.

Verder het ons lockdown-volleyball tot nuwe hoogtes geneem, Riaan se balanseerbord uitgetoets, gelees, kos gemaak.. al die gewone dinge. O ja, en paaseiers geverf en geeet. En paashaas pannekoeke gemaak.

Geen opmerkings nie:

Projects