07 Desember 2008

Seil!













Die hele einde van die week is Riaan vreeslik geheimsinnig oor ons planne vir Sondag. Ons gaan dalk iets lekker doen, maar ek mag nie weet wat nie, want netnou sien ek uit en dan gebeur dit nie. Gefluisterde oproepe word hier en daar gemaak, en ek hoor net elke slag dat die planne nog voortgaan, maar ons gaan eers Sondagoggend finaal weet, want dit is weer-afhanklik.
Sondagoggend breek aan, en na 'n paar sms'e en 'n oproep, word ek meegedeel dat ons maar kan gaan. Nou wat moet ek saamvat, wil ek weet. Toe moet ek van alles en nogwat inpak. Stapskoene ('n decoy), hoed, waterklere, warm baadjie, sonbrandroom, ekstra klere vir ingeval ons nat word, 'n paar snacks. O ja en kameras, natuurlik. Soos ons aftravel met die N7, word die opsies een na die ander uitgeskakel. Ons ry suid, so dit is nie iets in die Cedarberge nie. Ons ry verby die Atlantis-afdraai, so dit is nie duine-ry nie. Ons ry verby Rattanga, so ook nie dit nie. Eindelik lyk dit of ons na die waterfront/hawe toe oppad is. Ek het 'n paar keer geraai dat ons gaan seil of roei, maar R het niks weggegee nie. So ek het eers finaal geweet toe ons by die Royal Cape Yacht Club indraai. Lekker om met so iets verras te word!

Daar kry ons toe vir kollega Francois, Paul (wie se seiljag dit is), Kelan, nog twee girls en 'n ou, en Willie, die eienaar van die Orion, wat al om die wereld geseil het saam met sy seun. Na 'n lekker club-ontbyt, bestyg ons die boot ('n FAR-38, Bundi. Pragtige boot), en binne 'n japtrap is ons uit die hawe. Eers 'n rukkie met die Japanese windmaker (motor) gecruise, en te so net binne die hawemuur seile gehys. Alles lyk so maklik, mens het net een of twee mense nodig wat weet wat om te doen, en, siedaar, volle seile staan bol in die wind en ons is op koers na Robben Eiland. Dit was 'n perfekte dag vir seil, nie te veel wind nie, maar genoeg dat ons darm ente 'n goeie spoed kon handhaaf. Ons het almal beurt gekry om te bestuur. Maak mens nogal lus vir boot-koop!

Dankie aan Paul en Bundi vir 'n heerlike seil-ervaring, en aan Francois vir die saamnooi!

1 opmerking:

Anoniem het gesĂȘ...

Dit lyk te lekker. As jy vir 'n lekker boot soek, kyk wwww.sail-the-difference.com. Dis 'n baie oulike catamaran met 'n A-raam mas.
Pa

Projects