12 Maart 2011

'n Baie vreemde gesig

Ek en Marlie ry Woensdagmiddag terug van Citrusdal af Malmesbury toe, en net voor Piketberg ry ons verby twee Arabiere wat met kamele loop langs die N7. Ek dink ons het altwee 'n klassieke double-take gedoen, en so 5 km verder besluit mens kan nie net verby so iets ry nie, ons moet omdraai en gaan hoor waarheen hulle op pad is en waarvandaan hulle kom!
"Turns out" hulle is deel van 'n groep wat loop met kamele en Bybels insamel. Hule het in Kakemas begin en is oppad Stellenbosch toe. Ek hoop hulle ry soms ook op die kamele, want dis darm ver se loop! Hulle het ook 'n facebook link: http://www.facebook.com/pages/Camels-on-a-mission-Kameelsafari/179497555422786









1 opmerking:

Unknown het gesê...

hoekom samel hulle Bybels in? Wat hulle met die Bybels maak?

Projects