Selfde plek, ander geselskap. Die slag saam met Pa en Ma van den Dool. 'n Heerlike ontspanne naweek met baie swem. Dit was warm!

Die manne durf 'n fietsritjie aan in die laatmiddaghitte.

Die heerlike poel met lekker koue water, ek is verbaas dat daar 'n tyd was wat daar geen mense in was nie. Dit moes net 'n paar minute gewees het.

Riaan die luiperd! 'n Ou luiperdvanghok op 'n staproete.

Op pad terug verby twee bokkies gery - hulle was ook maar lui vir weghardloop agv die hitte.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking