
Ons en ons babas!

Die verskil tussen 'n 11 weke baba en 'n 1 week baba. Vincent het by Benjamin kom speel, maar Benjamin wil net slaaaaap!
Vir almal wat vir ons lief is. Die wat nie spesifiek vir ons lief is nie, mag ook maar kyk.
2. Handig in die kombuis: (Voorbeeld van 4 uur potjie op die stoof! Mmmmmm! En ons het ook nie van die beskuit vergeet nie!)
3. Hy moet haar kan beskerm: (Check net met watter "gym" toerusting oefen hy!)
4. Visie: Met 91 speels (9.2m apperture) tot sy beskiking is 'n aandjie onder die sterre nie 'n probleem nie...
5. Hy kan jou met jou rekenaar help: 'n Man moet weet hoe om die regte knoppies te druk.

Oral waar mens kyk was dit pers van die vygies.
'n Mooi kliprand
'n Interessante pan..
Ons wou graag 'n mooi foto van Vincent tussen plate blomme geneem het, maar was op die ou end te chicken om hom wakker te maak oppad. Hierdie is naby SALT, ons het Sondag gou 'n draai gery, en net vinnig by 'n paar blomme uitgeklim want daar het 'n vrek koue wind gewaai. 
SALT aan die binnekant. Die spieels is 1m in deursnit, en konsentreer die lig op die CCD. Daar is 'n hele spul van hulle, en net 4 spares. Die spesifieke spieels kan nie meer gemaak word nie, dit was te duur om die mold te hou, so as die 4 spares breek, moet die hele ding oorgedoen word!
'n Lekker bad saam met Pa
Donderdag was soooo warm. Ons het uitgekamp in die tuin - dit was 'n smakie van wat die somer vir ons te wagte is. Ons het die kinders omtrent uitgetrek en in hulle frokkies laat lê. Die mammas het lekker gekuier, hopelik sal die babas ook binnekort lekker met mekaar kuier!