05 Mei 2008

Mooihoek

Vandag is ons eerste dag op Mooihoek. Onder die heerlike duvet het ons die sonnetjie getart, maar is darem uiteindelik uit die vere en aan het ontbyt maak. Gou die sleutels gaan haal. Vir Kari rondgewys, afgepak. Met alles uitgesorteer en 'n vinnige middagete happie is ons vir die grand-tour-oor-die-koppie na die feetjie bos. Af in 'n klofie in die rigting van Oom Rudolf se kuil en weer op na die huis. Lekker die aand gebraai. (Dit is voorwaar ongelooflik mooi. Ek kan net sien dat hier al soveel goeie tye saam gespandeer is. Die herinneringe dryf in die lug rond, en al kan mens hulle nie vasvang nie omdat dit nie aan jou behoort nie, weet mens hulle is daar. Dankie aan die Morisse dat ons so 'n ontspan-wekie voor die groot stappery by Mooihoek kon inwerk! k)

1 jaar Bruilofs Herdenking

Een jaar van getroude lewe: Beter as wat ek dit kon voorstel. 'n Ongelooflike vroutjie is my gegee en ek is baie geseend en dankbaar! Ons ken mekaar al so amper 10 jaar, maar die afgelope jaar kan ek se sy is myne!! En ek het 'n maatjie!! (Darm nou nie meer so alleen soos die dag toe hy gebore is nie...;-) Ek kan ook se dat die afgelope jaar die beste van my lewe was. Ons is voorwaar baie dankbaar dat die Vader ons vir mekaar gegee het. En watter beter plek om die herdenking te vier as bo-op die koppie by Mooihoek! K)

Kari: Jy is en bly die beste!!

04 Mei 2008

Oppad na Mooihoek

Vroeg oggend in Wimpy by Colesberg gaan koffie drink om wakker te word en al langs die Hendrik Verwoerd (alias Gariep, of wat noem hulle die plek nou weer... ) en toe via Bethulie. By Smithfield het ons natuurlik verkeerd gedraai en amper in noodgevalle by die hospitaal ingery. Volgens oorlewering moet hier êrens ook nog 'n kanon wees met die naam van Grietjie wat ons toe nooit kon opspoor nie. 90km na Wepener en vinnig na Hobhouse. Daar 'n koppie koffie met vla / "custard"koek by die Oom en Tannie gedrink. Die Oom doen die ongelooflikste skilder en leer kuns. Baie besonders. Lady Brand. Naby Ficksburg by die kersieplaas "Constantia" gestop. Fouriesburg het 'n pragtige kerk en 'n lekker soppie en brood in Clarens terwyl dit giet van die reën verseker dat ons warm en vol verder kan aanskuif Bethlehem toe. Bohlokong, Warden, Vrede, grondpad, Volksrust, Wakkerstroom en Mooihoek!

03 Mei 2008

Dit is vakansie Tyd!

Laat oggend aan die gang na die vorige aand se jolyt. (Het sommer by Brett en Ronel gekiep na die troue. k) Laat inkopies by P'n P en slagter gedoen. Toe is ons oppad! Worcester, Beaufort en Colesberg die bakkie se dors geles. (En hy is nogal dors!) In gietende reen het ons erens 'n happie gaan eet en toe 'n stil plekkie voor die skool gesoek vir slaapplek...

02 Mei 2008

Irma en Marius Trou

Irma en Marius het so 15:00 se kant by Morgenhof getrou in Stellenbosch. Dit was baie oulik en enduit 'n fees! (keurig, om tannie Rika se woorde te gebruik (k)).Hulle het, terwyl hulle besig was met die foto nemery (http://www.peartree.co.za/), vir die gaste 'n heerlike wynproe gereel. Baie oulik om so aan jou gaste te dink en was 'n groot sukses en so iets kan ek nogal aanbeveel vir paartjies wat troues op wynplase reel... :-) Na 'n paar draaie op die dansbaan is ons na Brett en Ronel vir 'n goeie nagrus voor ons Groot Trek kaal-bande-oor-die Drakensberge.... (Dit was baie spesiaal dat ons die troue kon bywoon. Dankie dat julle hier kom trou het, Marius en Irma! Nou is 3 van ons 4 "old-timers" getroud, en Dirk (wat seker gesien het die trouery lyk darm nie TE sleg nie) ook verloof. Go Dirk en Gherda! Ons is bly saam met julle! k)

Oppak

Vanoggend al ons dinge in die bakkie gepak..."Left-overs" vir ontbyt en laaste paar fotos gebackup om plek te maak vir die onmiddelike vakansie fotos! Nou oppad na Irma en Marius se troue!

01 Mei 2008

Hannes Grobler besoek Soutfontein


Paar vriende vir 'n lekker ontbyt genooi. So stuk, stuk muffins, spek, eiers en koffie deurgewerk tussen gaste se kom en gaan. Die eintlike rede vir die lekker kuier die oggend was dat die Steven (die boer by wie ons huur) se seun se skool 'n fondinsameling gereel het. Dit het behels dat mense kon betaal om saam met Hannes Grobler, een van Suid Afrika se voorste "rally drivers", in sy pyp kar (met Nissan Hardbody panele) teen 'n ontstellende spoed vir 'n spin om die blok kon gaan bloeddruk opjaag en adrenalien afblaas! Dit was 'n ongelooflike geraas, maar baie indrukwekkend soos hy om die draaie die wiele perfek skuif sodat hy teen maksimum spoed kan verby wroem!

Die res van die dag het ons pre-vakansie administrasie gewerk, gepak en huis opgeruim. Kari is nog gou na Irma se kombuis tee en ek het 'n lekker ent gaan fietsry!

Projects