Vir almal wat vir ons lief is. Die wat nie spesifiek vir ons lief is nie, mag ook maar kyk.
20 Mei 2009
19 Mei 2009
16 Mei 2009
Dis nou maar jammer...

My eerste breiprojek vandat ek op laerskool was! 'n Beer vir Mieke.
Ek hoop sy waardeer dit, want dit was maar 'n geswoeg..
Het darm nou en dan hulp van ma af gekry. En saam het ons besluit die beer se naam is: Dis nou maar jammer. Elke slag as ons 'n fout agterkom, vra ons vir mekaar of ons dit gaan regmaak, en dan besluit ons dit is nou maar jammer, maar uittrek gaan ons nie!
04 Mei 2009
Hallo Mieke!
Baie geluk aan Riaan en Adri met hulle nuwe dogtertjie, en baie welkom aan Mieke!
10:00 Vanoggend gebore met 'n keisersnit, 3.2 kg, met 'n stewige stemmetjie (so hoor ons by die ouers!).




Besoektyd was 3:00 en die familie het die kamertjie vol gestaan. Pa en Ma van den Dool, Oupa en Ouma van den Dool, Ouma Rothmann, Tannie Naomi, Oom Ruan en Tannie Kari. Almal het 'n beurt gekry om vas te hou, te koer en tone te tel. Dit is darm 'n wonderwerk, so 'n klein, perfekte babatjie.
" U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder. Ek wil U loof want U het my op 'n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vul my met verwondering. Dit weet ek seker, geen been van my was vir U verborge toe ek gevorm is waar niemand dit kon sien nie, toe ek aanmekaargeweef is in die moederskoot."
Psalm 139: 13-15
03 Mei 2009
Wendy kry 'n huis


Ander mense rus op langnaweke, kyk lekker fliek en drink rooiwyn, of lees 'n goeie boek. Ons koop 'n Wendyhuis. Dit behels 3 keer Constantia toe ry, 2 keer met 'n massiewe skaaptrailer agter die bakkie, skoonpa inroep om te kom help afbreek, swaar panele ronddra, nip elke slag as ons by 'n verkeersman verbygaan oor ons vrag dalk te ver oor die kant steek, swaar panele aflaai, manne gaan soek op die dorp om te help bou, en 'n hele dag se bou saam met ouens wat mens soos kinders moet oppas (Riaan se woorde, myne was dat dit goeie oefening is en hy moet dit maar gewoond raak. ;-)


Maar nou staan ons Wendy en wag op rakke sodat ons al die tools daarin kan bere. Tog te pragtig!
Teken in op:
Plasings (Atom)
-
Die week is die projek waaraan ek die afgelope jaar gewerk het uiteindelik afgelewer! Nogal scary om 1 jaar se 600kg effort in die lug te si...
-
My nuwe kolega Francois het ons saamgenooi om die Doring rivier te kom roei, saam met 'n pel van hom se roei maatskappy. So Vrydag aand ...


