Ons het baie lank uitgesien na hierdie dag.. Vincent en Benjamin se eerste swemles. 'n Lekker warm binneshuise swembad, twee ander maatjies, en 'n baie oulike swemjuffrou. Maar ten spyte van alles het Vincent nie 'n baie goeie tyd gehad nie. Benjamin, aan die ander kant, was in sy element. Swem is definitief op sy lysie van fun things to do. Vincent het darm later gesien dit is eintlik nie so sleg nie.
Dis nat. Ek ken nie die mense nie. Ek wil huistoe gaaaan!
Neusie in die water
Swem is lekker!!
Mamma troos 'n bietjie.
Ten minste is hier cool toys.
Die hele groepie
'
n Lekker koppie koffie by Bean in Love het die les afgesluit.
Vir almal wat vir ons lief is. Die wat nie spesifiek vir ons lief is nie, mag ook maar kyk.
20 Oktober 2012
Ons tweede kuier by Keith in Sutherland
Dit was nou ook al 'n hele rukkie terug - Augustus dink ek. Die naweek wat Vincent begin stap het.
Soms het mens nog steeds 'n groter hand nodig
Maar die groter hand is 'n bietjie stadig!
Mooi blomme langs die pad
En selfs 'n bietjie sneeu
Keith wys weer sy slag met kiddies
Matroos op pad terug
06 Oktober 2012
Cool Cousin Adventures
'n Hele ruk terug, ek kan nou nie eers onthou in watter maand dit was nie, het ons vir Ronel en Benjamin aan Orientering bekendgestel. Ons was Cool Cousin Adventures en dit was groot pret.
Gaan daar nou iets gebeur? Dink jy ons gaan nog lank hier rondstaan?
'n Tag gevind
Waar is ons nou?
Op een grote paddastoel, rood sonder witte stippen..
Kan...nie..wakker... bly... nie....
Eks nog wakker!!
Gaan daar nou iets gebeur? Dink jy ons gaan nog lank hier rondstaan?
'n Tag gevind
Waar is ons nou?
Op een grote paddastoel, rood sonder witte stippen..
Kan...nie..wakker... bly... nie....
Eks nog wakker!!
Ook nie meer vir lank nie.
12 Augustus 2012
Weer Cedarberge
Laasnaweek was dit die van den Dool kant van die familie se beurt vir die Cedarberge. Ons het almal ons intrek in Oom Piet se huis ingeneem. Dit moet so snaaks wees vir 'n kleintjie soos Vincent - ons klim in die kar, ry ure lank, klim uit op 'n plek en dan is Oupa en Ouma, tannie Ronel en oom Brett, en beste van alles, nefie Benjamin ook daar! Hy was baie ingenome om sy nefie te sien en het vinnig nadergekruip en na hom gewys en seker gemaak ons sien almal dit is sy nefie! Dit was maar bitter koud, veral Saterdagnag, maar ons het lekker gekuier - en die sneeu met 'n dag gemis!! Maandag het dit in al 9 provinsies gesneeu, blykbaar die eerste keer wat dit opgeteken word. Ons sou sowaar vasgesneeu gewees het.
Pragtige sonsondergang!
'n Bewys dat dit onder vriespunt was Saterdagnag
Oeee bokkies!
Pasop - hulle kou mens se vingers!
Eendag gaan ek ook so 'n stootskraper ry!
Benjamin sit op sy seepkis en vertel 'n klomp stories.
Halo Mamma!
Pragtige sonsondergang!
'n Bewys dat dit onder vriespunt was Saterdagnag
Oeee bokkies!
Pasop - hulle kou mens se vingers!
Eendag gaan ek ook so 'n stootskraper ry!
Halo Mamma!
24 Julie 2012
Vincent verjaar
En so het die tyd aangestap en ons klein babaseuntjie is al een jaar oud. Die eerste partytjie moes uitgestel word - een van daai siektes wat met koors en algemene slegvoel begin, en dan wag mens vir wat daarna gaan manifesteer, en dan gaan dit gelukkig net weg na 'n paar dae. So was hy darm gesond die naweek na sy verjaardag, alhoewel die helfte van die maatjies toe ongelukkig nie meer kon kom nie. Ons is darm nie heeltemal in vir groot kinderpartytjies vir eerste verjaardae nie, en was heel gelukkig met die groepie van drie maatjies en Vincent. Hulle het lekker gespeel en die groot "maatjies" het lekker gekuier.
Verjaardagseuntjie!Nijntje lezen saam met Opa en Oma
'n Nuwe Nijntje boek! Handig as Oupa en Ouma in Holland 'n draai gaan maak!
So ry mens 'n verjaardagkruiwa.
En so maak mens met 'n Ikea-verjaardagtonnel!
Die blokkekar moet eers aanmekaar gesit word.....
En dan kan hy rondgestoot word.
Maar die heel coolste is die Y-bike! Vir 'n seuntjie wat nog nie kan loop nie, maak dit 'n nuwe wereld oop!!
Julle se mens kan hierdie eet???
Kruiwaens aanmekaarsit is cool..
Nefie, kleinneef en kleinnig by die familie-partytjie.
Eers kaartjies lees!
Die "tafel" vir die maatjie-partytjie Saterdag
Maatjies: Lucca, Stefan en Adele
Die koek (wat onaangeraak bly staan het en later vir die huishulp gegee is)
Blokkarre is ook cool vir nefies in rondstoot!
Fun was had by all!
Teken in op:
Plasings (Atom)
-
Die week is die projek waaraan ek die afgelope jaar gewerk het uiteindelik afgelewer! Nogal scary om 1 jaar se 600kg effort in die lug te si...
-
Ons het wel die res van ons naweek-aktiwiteite op CCD vasgelê. In EEN dag (ons is redelik trots op hierdie feit) het ons speelkamer 'n b...














































