09 Desember 2012

Ons trek na Kampstraat

Ons blog is baie agter, en met die sporadiese fotos-uitsorteer kom ek nou agter ons het nog nooit oor ons trek geblog nie. Wat al amper weer 'n jaar gelede is. Dalk vind ek later nog fotos om by te sit - daar moet nog wees iewers! 


 Kyk hoe order Riaan die oubase rond!

 Darm 'n korter trek as die vorige keer.


 'n Nuwe huis, jippeeee!
Oupa is moeg gewerk.

Stef en Landi, ons mis julle!


Ek dink nie julle is al op daai ouderdom waarvan ek in die vorige post praat nie. :-)


                En gelukkig drink jy nie genoeg bier om te vinnig daar te kom nie, Stef!


                                Ons mis julle en wens ons kon die jaar weer so 'n foto neem.

'n Jaar gelede..

Last Christmas..
Ons almal lyk soveel jonger! Ons begin nou op die ouderdom kom wat ek wonder of daar nie tog iewers iets is wat mens kan drink wat jou ewige jeug gee nie. Ek sal natuurlik nog nie dat Vincent dit drink nie! Hy moet darm eers gepotty train wees en kan praat.

12 November 2012

Nog swem

Dit gaan al hoe beter met die swem. Een van die dae het ons twee kampioen-swemmertjies! 

 Opwarming is belangrik..


 Hulle kry nog net nie die oefenmasjien uitgefigure nie!

 Dalk is hierdie die "Aan" knoppie

 Swemplankies: eerste bekendstelling


20 Oktober 2012

Eerste Swemles

Ons het baie lank uitgesien na hierdie dag.. Vincent en Benjamin se eerste swemles. 'n Lekker warm binneshuise swembad, twee ander maatjies, en 'n baie oulike swemjuffrou. Maar ten spyte van alles het Vincent nie 'n baie goeie tyd gehad nie. Benjamin, aan die ander kant, was in sy element. Swem is definitief op sy lysie van fun things to do. Vincent het darm later gesien dit is eintlik nie so sleg nie.

 Dis nat. Ek ken nie die mense nie. Ek wil huistoe gaaaan!

 Neusie in die water

 Swem is lekker!!

 Mamma troos 'n bietjie.

 Ten minste is hier cool toys.

 Die hele groepie
'
n Lekker koppie koffie by Bean in Love het die les afgesluit.

Ons tweede kuier by Keith in Sutherland

Dit was nou ook al 'n hele rukkie terug - Augustus dink ek. Die naweek wat Vincent begin stap het. 


Soms het mens nog steeds 'n groter hand nodig
 Maar die groter hand is 'n bietjie stadig!

 Mooi blomme langs die pad

 En selfs 'n bietjie sneeu

 Keith wys weer sy slag met kiddies

Matroos op pad terug

06 Oktober 2012

Cool Cousin Adventures

'n Hele ruk terug, ek kan nou nie eers onthou in watter maand dit was nie, het ons vir Ronel en Benjamin aan Orientering bekendgestel. Ons was Cool Cousin Adventures en dit was groot pret.

 Gaan daar nou iets gebeur?                                                 Dink jy ons gaan nog lank hier rondstaan?



'n Tag gevind
 Waar is ons nou?




Op een grote paddastoel, rood sonder witte stippen..

Kan...nie..wakker... bly... nie....

                      Eks nog wakker!!

Ook nie meer vir lank nie. 

Projects