16 Oktober 2011

Eet, drink en laat dit bymekaar pas

Vrydagaand was 7 (+2) van ons hier bymekaar vir 'n "food and wine pairing". Ek en Liesbet het die kos gemaak Vrydagmiddag, so tussendeur die twee kinders. Hulle was modelletjies en het hulleself sooo mooi besig gehou - en al die kos was op tyd klaar. \


Ons het 7 geregte en 7 wyne gehad:
'n Capreze slaai saam met 'n Sauvignon Blanc, Aartappels, roomkaas en avo saam met 'n gehoute Shardonay, sampioenrisotto saam met 'n Viognier, lam en roosmaryn saam met 'n Cabernet Sauvignon, en Jambalaya saam met 'n Shiraz. Dan was daar 4 verskillende kase ook saam met bogenoemde wyne, en om af te sluit, twee soorte sjokolade (melk en donker) saam met Special Late Harvest en Brandewyn.
Dit was baie interessant om te proe hoe sekere geregte 'n wyn wonderlik kan laat smaak, en ander kombinasies 'n baie goeie wyn na slootwater kan laat proe. Die wenner van die aand was die Viognier, wat baie goed saam met die risotto gepas het en die mees veelsydige wyn was.

Al die maatjies het oorgeslaap (die beter opsie na so baie wyn) en Corne en sy koffiemasjien het ons Saterdagoggend wakker gekry. Na die kinders se slapie is ons mark toe vir 'n vinnige ontbyt, voor almal weer koers gekies het vir die res van hulle naweek.


'n Baie lekker kuier!

Geen opmerkings nie:

Projects