22 Oktober 2011

Red Tape

Ons wil graag vir Vincent aansoek doen vir sy Hollandse en SA paspoorte (net vir ingeval ons ewe skielik besluit om 'n wereldtoer te maak). 
Die vorms wat ons moet invul is die volgende: 
1) Application for Birth Certificate
Dis nou vir 'n onverkorte weergawe, want die tillslip wat mens by die hospitaal kry, tel nie by die Hollandse ambassade nie. Ok, so dit maak sin. 
2) Vault Copy
Die een maak glad nie sin nie, want die info daarop is PRESIES DIESELFDE as wat ek op vorm nr 1 moet invul. Ek moet net bo die blokkie tick wat se vault copy ipv die ene wat se unabridged certificate. 
3) Notice of birth
Maak ook nie sin nie, Riaan het dit reeds in die hospitaal ingevul. 
4) Die weirdste een van alles - 'n Affidavit vir die late registration of birth. Huh???
Vraag nr twee op die vorm lui: I declare hereby under oath that I remember the event well, because.... 
My antwoord: It was long and painful. 
'n Justice of the Peace (wat ookal dit is - klink vir my na 'n Christus figuur) of Commissioner of Oaths moet ook hierop invul en teken. Ek hoop hulle verskaf die persone by binnelandse sake, want ek gaan wragtig nie op soek gaan na hulle ook nog nie. 


En hoekom vra hulle op elke vorm mens se ID nommer en net daarna jou geboortedatum? 


Ek haat vorms.


 Ons het 'n baie oulike paspoortfototjie van Vincent laat neem, though.




Soos Riaan se: Wanted - for stealing our hearts. 

1 opmerking:

Irma het gesê...

Hi Kari,

Sterkte met die red tape en vorms. Ek haat dit ook, voel altyd of 'n mens die verkeerde goed in vul of dit nie verstaan nie. "Dit is so 'n stupid vraag, antwoord ek dit wel goed?"

Miskien moet julle vir die NL paspoort ook in NL geboorte aangifte doen? En in NL moet jy binne 'n paar dae (volgens my minder as 'n week) jou baba laat sien/ registreer by die gemeentehuis/munisipaliteit (dit kan nie in die hospitaal nie, maar then again, baie baba's word nie eers in die hospitaal gebore nie.

Kan die "vriendelike" mense by die ambassade nie vir jou help nie? Dalk kan jy die foto vir hulle stuur om te check of die foto aan die eise voldoen, hulle kan daar nogals vol nonsens wees (het ek van betroubare bronne verneem).

Sterkte!

Projects