
Mielie-malligheid...
Vir almal wat vir ons lief is. Die wat nie spesifiek vir ons lief is nie, mag ook maar kyk.

Vandag so vinnig probeer om die lekker koel weer te optimeer met 'n MTB sessie en toe onsself vasgeloop in 'n reenbui ... (die weerburo het ons gewaarsku). Kari wat na 20 minute se pret nog lus was vir meer het gaan draf! Die term "When it rains it pours" het redelik gefeature to na 'n stilte in die storm, die storm met hardereen en blitse neergedaal het. In die bakkie gespring en haar gaan soek. Bietjie teleurgestel toe sy se: "Maar dit is lekker!". Kari het seker gesien dat my ego dalk 'n bietjie geknak kon wees deur die nodelose reddings poging en het toe in die warm bakkie ingespring. Omgedraai en huistoe gesnel. Terwyl ons ry het dit weer wild gereen en die bakkie het nogal gegly op die grondpad (wat intussen 'n rivier geword het). Tuis lekker droog het ons 'n heerlike koffie gedrink om weer die warmte na die lywe te laat terugkeer.





Kelan, nog twee girls en 'n ou, en Willie, die eienaar van die Orion, wat al om die wereld geseil het saam met sy seun. Na 'n lekker club-ontbyt, bestyg ons die boot ('n FAR-38, Bundi. Pragtige boot), en binne 'n japtrap is ons uit die hawe. Eers 'n rukkie met die Japanese windmaker (motor) gecruise, en te so net binne die hawemuur seile gehys. Alles lyk so maklik, mens het net een of twee mense nodig wat weet wat om te doen, en, siedaar, volle seile staan bol in die wind en ons is op koers na Robben Eiland. Dit was 'n perfekte dag vir seil, nie te veel wind nie, maar genoeg dat ons darm ente 'n goeie spoed kon handhaaf. Ons het almal beurt gekry om te bestuur. Maak mens nogal lus vir boot-koop! 



