06 Julie 2010

Lake Garda



Na ons afskeid van Brusagio en Irma en Marius, het ons die Autostrada eers oos en toe noord geneem, verby yummy plekke soos Parma, tot by Verona. Mens kan lekker vinnig vorder met die Autostrada, al is dit 'n bietjie duur, en ons was so 6uur in Verona. Of net buite, altans, waar die boekie gesĂȘ het is 'n lekker kampplek. Heellaas, die kampplek was toe, en ons moes omdraai en plek langs Lake Garda gaan soek. Gelukkig word dit laat donker, en ons vind 'n oulike plekkie en kan nog 'n entjie gaan stap voor dit te donker is.

Kamp was vir ons standaarde nogal duur, tussen 21 en 30 euro per nag vir ons 2. Soms moet mens ekstra vir warm water ook nog betaal. Ons het die eerste aand in Garda gekamp, en die volgende dag rustig al met die kant van die lake op gery na Riva del Garda aan die bokant. Dit is voorwaar sport-mecca daar, almal seil, ry fiets, draf, windsurf. Riaan was ongelukkig nog 'n bietjie siek, so ons het dit maar rustig gevat. Maar wel besluit dat ons eendag wil terugkom om al die lekker goed te doen wat mens daar kan doen.

Geen opmerkings nie:

Projects