06 Julie 2010

Op pad na Spigno Monferato



Irma hulle het laat die aand van 13 Mei aangekom, en die volgende dag is ons verder na 'n ander dorpie 'n ent verder, Spigno Monferato. Die naaste groot dorp aan Spigno is Aqui Terme. Ons het al met die klein padjies langs genavigeer om die meeste van die omgewing te sien - geen autostradas vir ons nie!
Tracey het ons vertel dat elke dorpie 'n Cantina Sociale het, waar die local boere (almal het omtrent 'n stukkie wingerd by hulle huis) hulle druiwe heen vat en waar die wyn gemaak word. Gelukkig het Marius en Irma bietjie van die omgewing se wyn opgelees, en ons eerste stop was by 'n Cantina om wyn te proe en te koop.



By Aqui Terme het ons die enigste keer op die hele vakansie die 2010 sokker geadverteer gesien - in 'n klein winkeltjie wat gelyk het of hulle babagoed verkoop...


Ons het ook 'n heel interessante brug gesien met 'n bordjie wat sĂȘ Ponta Roma. Ek het gedink dit beteken Romeinse Brug, maar Marius het my reggehelp en verduidelik dat dit eintlik niks met die Romeine te doen het nie, maar wel 'n brug is wat gebou is vir die vervoer van Roma tamatjies. Kan jy nou meer!

Geen opmerkings nie:

Projects