... ons wens vir almal 'n lekker lente dag toe!Riaan en Kari
Vir almal wat vir ons lief is. Die wat nie spesifiek vir ons lief is nie, mag ook maar kyk.





Moertoe die verte in....
Ek probeer die Yolandi- en- die- rooi- Texas-motor pose namaak.
Treinspoor in die mis.
Ons het darm nog bietjie blomme ook gesien, al wou die weer nie so mooi saamspeel nie.
En, uiteindelik vind ons hom. Gifberg!
Wie't 'n 4x4 nodig! 'n Toyota bakkie kan Enige Plek ry. Mm, behalwe as die drywer nie wil nie..
Baie cool boesmantekeninge hier!
En soos gewoonlik met 'n trippie Noord, het ons die naweek afgesluit met 'n lekker koffie by ons goeie vriende die Oberholtzers. Wat vir 'n rukkie nou al 3 is!
Ons is al lankal bang ons verloor ons Bergclub lidmaatskap
omdat ons so min stap, so Saterdag het ons gou 'n vinnige uitstappie onder leiding van Wim aangepak. Haelkopskeure, regs op as mens Jonkershoek inkom. 'n Lekker steil stappie tot in die dennebos, en dan met 'n baie cool nuwe MTB trail op tot op die rand van die bos, dan nog 'n ent op. Die skeure is baie lekker speelplek, en daar is 'n pragtige uitsig oor Stellenbosch van daar bo af. Dit was net baie koud, so ons kon nie lank stilsit of staan nie. Na 'n ruk se speel en 'n vinnige brunch, is ons weer af en was half een onder. Dankie Wim vir 'n prettige uitstappie! 

