24 Januarie 2011

Speelkamer word babakamer

Ons het wel die res van ons naweek-aktiwiteite op CCD vasgelê. In EEN dag (ons is redelik trots op hierdie feit) het ons speelkamer 'n babakamer geword.

Die verfproses, wat nie heeltemal uitgekom het soos verwag nie, maar tog op die ou end ons goedkeuring wegdra.

Die eindproduk. Ok, dit lyk nog nie heeltemal na 'n babakamer nie (let op die cool stootwaentjie in die hoek), want die baba-rige goed kort nog. Daar is wel plek vir 'n cot (regs af van die foto), en hopelik genoeg wegpakplek vir doeke en kleertjies (wat het mens nog vir baba nodig, dis darm seker al?)

Dis die res wat oorbly. Ons weet nog nie heeltemal waar dit alles heen moet nie.

3 opmerkings:

Unknown het gesê...

ek looove julle blog, en veral julle pics daarop.

Anoniem het gesê...

ek looove julle blog. veral die pics!

Gytha het gesê...

Haai julle 2 1/2ies ons is so bly vir julle...ek sien nou eers!! Gaan dit goed met jou, Kari?? Middel Julie as ek reg tel?? Stuur tog jou selnommer dat ek kan bel!! Baie liefde en net die beste wense vir dit vat voorle! O, amper vergeet ek...die kleintjie het bitter min buiten mamma en pappa nodig!! :-) Love from the Hunters!!

Projects