Irma en Marius het so 15:00 se kant by Morgenhof getrou in Stellenbosch. Dit was baie oulik en enduit 'n fees! (keurig, om tannie Rika se woorde te gebruik (k)).Hulle het, terwyl hulle besig was met die foto nemery (http://www.peartree.co.za/), vir die gaste 'n heerlike wynproe gereel. Baie oulik om so aan jou gaste te dink en was 'n groot sukses en so iets kan ek nogal aanbeveel vir paartjies wat troues op wynplase reel... :-) Na 'n paar draaie op die dansbaan is ons na Brett en Ronel vir 'n goeie nagrus voor ons Groot Trek kaal-bande-oor-die Drakensberge.... (Dit was baie spesiaal dat ons die troue kon bywoon. Dankie dat julle hier kom trou het, Marius en Irma! Nou is 3 van ons 4 "old-timers" getroud, en Dirk (wat seker gesien het die trouery lyk darm nie TE sleg nie) ook verloof. Go Dirk en Gherda! Ons is bly saam met julle! k)
Vir almal wat vir ons lief is. Die wat nie spesifiek vir ons lief is nie, mag ook maar kyk.
02 Mei 2008
Irma en Marius Trou
Irma en Marius het so 15:00 se kant by Morgenhof getrou in Stellenbosch. Dit was baie oulik en enduit 'n fees! (keurig, om tannie Rika se woorde te gebruik (k)).Hulle het, terwyl hulle besig was met die foto nemery (http://www.peartree.co.za/), vir die gaste 'n heerlike wynproe gereel. Baie oulik om so aan jou gaste te dink en was 'n groot sukses en so iets kan ek nogal aanbeveel vir paartjies wat troues op wynplase reel... :-) Na 'n paar draaie op die dansbaan is ons na Brett en Ronel vir 'n goeie nagrus voor ons Groot Trek kaal-bande-oor-die Drakensberge.... (Dit was baie spesiaal dat ons die troue kon bywoon. Dankie dat julle hier kom trou het, Marius en Irma! Nou is 3 van ons 4 "old-timers" getroud, en Dirk (wat seker gesien het die trouery lyk darm nie TE sleg nie) ook verloof. Go Dirk en Gherda! Ons is bly saam met julle! k)
Oppak
Vanoggend al ons dinge in die bakkie gepak..."Left-overs" vir ontbyt en laaste paar fotos gebackup om plek te maak vir die onmiddelike vakansie fotos! Nou oppad na Irma en Marius se troue!
01 Mei 2008
Hannes Grobler besoek Soutfontein

Paar vriende vir 'n lekker ontbyt genooi. So stuk, stuk muffins, spek, eiers en koffie deurgewerk tussen gaste se kom en gaan. Die eintlike rede vir die lekker kuier die oggend was dat die Steven (die boer by wie ons huur) se seun se skool 'n fondinsameling gereel het. Dit het behels dat mense kon betaal om saam met Hannes Grobler, een van Suid Afrika se voorste "rally drivers", in sy pyp kar (met Nissan Hardbody panele) teen 'n ontstellende spoed vir 'n spin om die blok kon gaan bloeddruk opjaag en adrenalien afblaas! Dit was 'n ongelooflike geraas, maar baie indrukwekkend soos hy om die draaie die wiele perfek skuif sodat hy teen maksimum spoed kan verby wroem!
Die res van die dag het ons pre-vakansie administrasie gewerk, gepak en huis opgeruim. Kari is nog gou na Irma se kombuis tee en ek het 'n lekker ent gaan fietsry!
04 Februarie 2008
Frankryk
Maandag (04) aand, het ek my liewe vroutjie gegroet, en is deur al die nodig admin om land-uit, Frankryk toe, via Heathrow te gaan. Behalwe dat ek natuurlik soos met meeste van my trippies sorg dat ek uber vroeg op Kaapstad Intl. is, het die nie te veel gehelp nie. 'n Omie op die vlug het 'n ligte hardaanval gekry, wat tot gevolg gehad het dat die vlug sowat 3 ure later die lug in is......

So Dinsdag (05) oggend het ek seker by die verkeerde kant van die vliegtuig uitgeklim en die vlug verpas na Parys, maar darem 'n ander gekry ommee te gaan.... en wragtig... in Parys op Charlse de Gaulle lughawe is "mon bagages" nie daar nie.... Gits. Moes ek natuurlik daar in my beste Frans verduidelik dat ek nie eintlik 'n woord Frans "parler" nie.
Gelukkig was die TGV darem maklik. Redelik maklik die kaartjie gekry en boom soos blits is ek na Portier. Taxi was maklik, behalwe dat die omie nie so lekker engels kon verstaan nie.... (Nou ja, as 65 miljoen mense Frans verstaan is daar seker nie 'n probleem nie). Die aand net gaan benchmarking doen en aandete het hoofsaaklik uit 'n BigMac McDonalds burger bestaan
Woensdag (06) oggend is ek werk toe. Lank met die QA ou gesels wat baie interesant was en 'n paar ander mense ontmoet. Die middag gaan kyk hoe dit in van die toets labratoriums lyk. Die aand by 'n Italiaanse plek gaan eet, nadat ek eers die nabye gedeeltes van die dorpie Chassneuill platgeloop het. Nogal 'n mooi dorp.
Donderdag (07) was nogmeer werk en 'n paar interesante gesprekke met my eweknie in Frankryk. Lekker om notas uit te ruil. Ook vinnig gaan kyk hoe dit in die fabreik lyk. Verder nie te veel gebeur nie, het by 'n lekker restaurent 'n steak gaan smul.
Vrydag (08) Oggend was dit 'n fris stappie werk toe, en so rondom 3 uur is ek saam met 'n kolega weer terug na Poitiers toe. Die middag het ek lekker rondgestap en 'n lekker gevoel vir die plek gekry. Dit is 'n ou dorpie, wat 'n klein univesiteit het. Sien: http://en.wikipedia.org/wiki/Poitiers
Die aand het ek by 'n lekker klein restaurantjie gekry waar ek weereens aan steak gesmul het. Sjoe maar dit was lekker.

Saterdag (09) oggend bietjie laat geslaap. 9:00 gaan ontbyt en so met al die draaiery is ek so 10:00 oppad om verder die dorp te verken. Die eerste stop was 'n "Parc du Blossac". Daarna af rivier toe waar ek so tussen die huise en groentetunitjies gestap het al saam met die rivier. (Ek lees erens dat hier op 'n stadium baie meuls was, wat baie beteken het vir die plaaslike ekonomie.) Die res van die dag so van kerk, na kasteel, na kerk aan getrap. En baie fotos geneem: http://picasaweb.google.com/riaan.doorduin/2008_02_08Poitiers . Die stadjie laat mens nogal baie aan Stellenbosch dink. Baie studente. Ander interesandheid is dat winkels eers in die aand so 19:00 toe maak. En moenie verwag dat 'n "resaurante" of "brassarie" jou 'n peusel happie 'n minuut voor sewe gaan gee nie.... Alhoewel die mense nie so lekker Engels gesels nie... en glo my... engels is nie groot hier nie... is hulle wel vriendelik. Solank jy baie sukkel om 'n paar woorde frans te sukkel en te stotter... Nou ja, so aan die einde van 'n dag se woeste toeriste atraksies besoek is ek weer terug in die hotel. So paar dinge om aan te werk en met werk op te vang.

12 Januarie 2008
Riaan verjaardag
Lekker die naweek gekuier met vriende. Ons wat Vrydag na Shakespear, Saterdag lekker wyn geproe en Sondag by die dam gewindsurf!
Kyk gerus van die fotos op:
http://picasaweb.google.com/riaan.doorduin/2008_01_12_RiaanSeVarjaardagNaweekWynproeEnWindsurf

05 Januarie 2008
01 Januarie 2008
Teken in op:
Plasings (Atom)
-
Die week is die projek waaraan ek die afgelope jaar gewerk het uiteindelik afgelewer! Nogal scary om 1 jaar se 600kg effort in die lug te si...
-
Onlangs by die werk het ons 'n module aangekoop om 'n beperkte stel I/O te dryf (4 TTL intrees / 4 optiese ge-isoleerde intrees / 4 ...