13 Junie 2011

Die groot trek

Ek is so bly dit is verby!! Trek is nie pret nie.


Die klavier is die heel moeilikste en swaarste ding wat ons het om te trek. Gelukkig kon ons hom aan iemand verhuur vir die tyd wat ons nog nie in ons eie huis is nie. As kleinboet later 'n liefde vir musiek begin ontwikkel, sal ons hom maar weer terugvra!

Met die hulp van 'n klomp hande (ouers en skoonouers) en Steven se skaaptrailer, kon ons die grootste deel van die trek op een slag oplaai.

Ek dink dit is die heel effektiefste wat iemand nog ooit 'n flatbed gepak het!

Die nou padjies van 'n sekuriteitskompleks is nie skaaptrailer-vriendelik nie!

Baie versigtig agteruit..



Dankie


Dankie aan ons landlords, die Steyn gesin, vir 4-en-'n-bietjie heerlike jare op hulle plaas!

Laaste paar dae op Soutfontein




Dis altyd hartseer om van 'n plek af weg te gaan waar mens 'n tyd van jou lewe spandeer het. Vir altwee van ons was Soutfontein die plek waar ons die langste gewoon het vandat ons uit die huis uit is. Ons mis die stilte, die spasie, die mistige oggende, die pragtige sonsopkomste en sonsondergange. Ons mis dit om op die stoep te sit en te kyk hoe kom die maan oor Kasteelberg op. Ons mis die lammertjies, en groen jassie van die nuwe koring wat die vaal veld weer nuut maak. Daar is baie goeie goed aan Paarl, maar 'n stukkie van ons harte sal maar vir altyd op Soutfontein agterbly.

06 Junie 2011

Uiteindelik!

Ons het weer ordentlike internet en nou kan ons begin opvang op alles wat ons nie op die blog gesit het die afgelope maande nie.
Watch this space!

22 Mei 2011

Anglisismes

Dalk onthou van julle nog so dik bybel genaamd "Afrikaans my taal". Sjoe... as my kleurblindheid my nie in die steek laat nie was dit so vaal groene... Daar was 'n hoofstuk met iets oor anglismes. Nou ja... ek onthou bitter min van die lesse, behalwe dat Mnr. Riaan van Lill, 'n paar oulikes gehad het wat my nogsteeds bybly. Elke keer as ek 'n soortgelyke een hoor dan kan ek nie help vir Mnr. van Lill aan te haal nie: "Sopas ge-arriveer by die busstop op die paffement..."

So SMS skoonma my 'n artikel in Die Burger (17/03/2011): "geprivilegieerd"...
Nouja... :-)

Welgevonden 40 se vuurmaakplek

Ons het 'n rustige naweek gehad, nie te veel gedoen nie, net Saterdag oggend gou 'n koffie met Bob gaan drink. Paar fittings gaan koop en die wasmasjiene opgekoppel, by Guillaume en Christine gaan middagete ge-eet en plaas verken, Starwars se laaste episode gekyk. Sondag oggend kerk toe, 'n fliek waarteen die kerk waarsku gekyk, internet moontlikhede ondersoek en....
... die kaggelvuur ingelyf met heerlike rooiwyntjie...

13 Maart 2011

Cool Baba Apps

Yep, die geboorte ding bly tog maar 'n wonder en ek is elk keer met 'n nuwe stukkie vordering in bewondering oor alles wat aan die gebeur is met ons nuwe kleintjie en sy Mamma!

Gelukkig vir Pappa staan die tegnologie ook nie terug vir enige iets nie. So het ek op die volgende app afgeklom  wat hopelik gaan help met al die timing en so...

Hier is die link na 'n blog wat skryf hoe ding inmekaar sit.
http://victorpalau.wordpress.com/2010/05/16/free-symbian-app-baby-countdown/

Projects