Vir almal wat vir ons lief is. Die wat nie spesifiek vir ons lief is nie, mag ook maar kyk.
06 Januarie 2013
Blaauklippen
Sondag oggend (2012/12/30) het die Viljoene (ons bure) ons genooi vir 'n piekniek/ontbyt by Blaauwklippen.
Wat die trip so spesiaal maak is dat Jean 'n versamelaar is van ou volkswagens. Die spesifieke bus Samba VW het 'n baie oulik storie. (Lees hier meer daaroor.)
Ek herkou nogsteeds nostalgies aan die kuier. Jean was al vroeg oggend besig om te politoer en alles netjies reg te kry. Vincent was mal oor die bussie en erens het hy lekker agter die stuurwiel ingeskuiwe.
Jean ry baie versigtig en dus het ons teen so 80kmph (50mph) aankruie... geen aircon dus die somerwind het deur al wat 'n oop venster is gewaai (iets soos 32 vensters in totaal) en geen siplek gordel. Die Samba is lekker ruim en dit maak natuurlik dat mens lekker kan gesels (amper asof mens in die sitkamer sit). Die Samba het ook venstertjies effens na bo wat dit amper laat voel of jy buite sit. Lekker!
By Blaauwklippen aangekom het ons eers ontbyt by die restaurant gaan eet en verder die twee kleintjies besig gehou met trippies in en uit die museum... (wat mens se hart so nou en dan effens laat stilstaan.) Na ontbyt het ons by die stalletjies gaan rondstap. Vir 'n oujaars oggend was dit nogal 'n woelige bedryf.
Na 'n tweede koppie koffie is ons weer terug in die bus en suiker-suiker in geskiedenis terug gery Paarl toe. Die dreuning van die bus was net die regte medisyne vir die twee kleintjies en hulle het vinnig uitgekonk na droomland.
Dankie Jean en Leana vir die lekker trippie!
09 Desember 2012
Ons trek na Kampstraat
Ons blog is baie agter, en met die sporadiese fotos-uitsorteer kom ek nou agter ons het nog nooit oor ons trek geblog nie. Wat al amper weer 'n jaar gelede is. Dalk vind ek later nog fotos om by te sit - daar moet nog wees iewers!
Darm 'n korter trek as die vorige keer.
Oupa is moeg gewerk.
Stef en Landi, ons mis julle!
Ek dink nie julle is al op daai ouderdom waarvan ek in die vorige post praat nie. :-)
En gelukkig drink jy nie genoeg bier om te vinnig daar te kom nie, Stef!
Ons mis julle en wens ons kon die jaar weer so 'n foto neem.
'n Jaar gelede..
Last Christmas..
Ons almal lyk soveel jonger! Ons begin nou op die ouderdom kom wat ek wonder of daar nie tog iewers iets is wat mens kan drink wat jou ewige jeug gee nie. Ek sal natuurlik nog nie dat Vincent dit drink nie! Hy moet darm eers gepotty train wees en kan praat.
Ons almal lyk soveel jonger! Ons begin nou op die ouderdom kom wat ek wonder of daar nie tog iewers iets is wat mens kan drink wat jou ewige jeug gee nie. Ek sal natuurlik nog nie dat Vincent dit drink nie! Hy moet darm eers gepotty train wees en kan praat.
12 November 2012
Nog swem
Dit gaan al hoe beter met die swem. Een van die dae het ons twee kampioen-swemmertjies!
Hulle kry nog net nie die oefenmasjien uitgefigure nie!
Dalk is hierdie die "Aan" knoppie
Swemplankies: eerste bekendstelling
20 Oktober 2012
Eerste Swemles
Ons het baie lank uitgesien na hierdie dag.. Vincent en Benjamin se eerste swemles. 'n Lekker warm binneshuise swembad, twee ander maatjies, en 'n baie oulike swemjuffrou. Maar ten spyte van alles het Vincent nie 'n baie goeie tyd gehad nie. Benjamin, aan die ander kant, was in sy element. Swem is definitief op sy lysie van fun things to do. Vincent het darm later gesien dit is eintlik nie so sleg nie.
Dis nat. Ek ken nie die mense nie. Ek wil huistoe gaaaan!
Neusie in die water
Swem is lekker!!
Mamma troos 'n bietjie.
Ten minste is hier cool toys.
Die hele groepie
'
n Lekker koppie koffie by Bean in Love het die les afgesluit.
Dis nat. Ek ken nie die mense nie. Ek wil huistoe gaaaan!
Neusie in die water
Swem is lekker!!
Mamma troos 'n bietjie.
Ten minste is hier cool toys.
Die hele groepie
'
n Lekker koppie koffie by Bean in Love het die les afgesluit.
Teken in op:
Plasings (Atom)
-
Die week is die projek waaraan ek die afgelope jaar gewerk het uiteindelik afgelewer! Nogal scary om 1 jaar se 600kg effort in die lug te si...
-
Onlangs by die werk het ons 'n module aangekoop om 'n beperkte stel I/O te dryf (4 TTL intrees / 4 optiese ge-isoleerde intrees / 4 ...























