19 Februarie 2014

'n Baie anderste troue

Ons het so 'n maand terug betrokke geraak by Niklaas, Paarl se karwasman. Hy is 'n bekende gesig in Paarl se strate met sy waentjie. Ek het sy storie toevallig op Youtube gesien omtrent 'n jaar gelede, en was diep geraak deur sy getuienis.

http://www.barometer.mobi/p/639235/niklaasrsquo-carwash-service

Die dag wat ons stories en hulle s'n gekruis het, was ek besig om met Vincent van die skool af te stap. Hulle het van agter af by ons verbygekom - en ek het gevra of hulle 'n kar wil was. Dit was die begin van wat hopelik 'n lang pad saam sal wees. Ek het die voorreg gehad om getuie by hulle troue te wees (die eerste keer wat ek 'n troue by binnelandse sake bywoon!), en ook om die wedding planner te wees (nog 'n eerste). Dit was 'n pragtige troue, hulle was altwee baie gespanne maar die onverwagste "onthaal" na die tyd het hulle heeltemal onkant gevang en dit was pragtig om te sien.







Hy en sy vrou Ursula woon op die oomblik by sy ma in 'n ou gebou op 'n stuk grond waar daar 'n hele paar opslaanhuisies is. Hulle name is op die waglys vir 'n huis, hy en sy ma s'n. Hy glo die Here gaan voor die einde van die jaar vir hulle 'n huis gee, maar hy werk ook self daaraan om vir hulle 'n dak op te sit, hy sit nie net ledig en wag nie.

Ek sien uit daarna om te sien waar hulle pad hulle heen lei.

25 Januarie 2014

Vincent se Gym

So tyd terug by tannie Liesbet (Kari se Tannie) 'n glyplank gekry. Die ding is al paar maand uitgestal op die "stoor" dakkie hier by ons en vandag is hy sowaar afgestof.

Die raamwerk van Vincent se Jungle Gym is opgerig en nou is dit net die detail plankies wat ingesit moet word...


Sjoe... Bly ons is darem nou al sover.

Evolution vs Natural Selection

Nie dat ek enigsins 'n kenner is op een van die twee gebiede nie, maar wel wil se dat beide die twee nie genoem mag word sonder Inteligent Design nie.

24 Januarie 2014

Paarl se berge


Ons bly op 'n ongelooflike stukkie aarde.
Ek het gister (24/01/2014) weer die geleentheid gehad om hierbo in Paarlberg te gaan speel.
Letterlik niks meer as 1km en ek is besig om teen die berg op te klim nie met 'n semi grondpadrige setup. 3km en ek is op "die" bergpad... wow dit is ongelooflik!
Dan oppad terug huis toe begroet 'n fantasiese uitsig my!


16 Junie 2013

Vincent kry 'n bed

Na baie lank se beplanning... yes:
Plan A... nee
Plan B... Doahh
Plan C... Ah!
Het Vincent 'n "groot-seuntjie-bed" gekry!

So Plan A:
Sit 'n plaar planke teen die muur sodat ons 'n goeie "fondasie" kan vorm!
Sit dan 'n raamwerk met 'n paar ander odd planke vir die matras neer..
Oops en dan is die ding so hoog dat arme Vincent omtrent kophoogte met die matras is... Ouch.

Mmmm... Plan B:
Kom ons herwin 'n stuk presedwood (wat ons dan invoer van Pringlebaai) en gebruik die in plek van die vreeslike raam. Oops hy is so aks te kort... Ai...

Ah.... Plan C:
Kry 'n lekker stuk Marine Ply (Shatter Board of so iets) en saag die ding nou maatpas. Sit twee planke soos aangedui vas vir struktuur en siedaar! Ons klein seuntjie het 'n groot seuntjie bed!

Lekker slapies!


26 April 2013

Vincent Air brei uit

Vincent Air is klein lugvaart maatskappy gelee in die hartjie van Paarl. Vincent air is begin deur 'n ruim geskenk van 'n Europese skenker. Die eerste vlieg toestel is 'n balsa model en het tot onlangs 'n goeie "track record" gehad. Ongelukkig met 'n opleidings vlug is hy 'n stert minder...
Nietemin was sy opvolg van Vincent Air se "Angle Investor" kort op sy hakke:

Hier is ons vlieenieer in aksie:


Vincent Air het van sterkte tot sterkte gegaan en spog nou met modelle soos die volgende: Airbus A380's, Learjets and Bell helikopters.


Projects