Vir almal wat vir ons lief is. Die wat nie spesifiek vir ons lief is nie, mag ook maar kyk.
31 Desember 2007
Steenbraspoele
29 Desember 2007
25 Desember 2007
Kersfees
14 Oktober 2007
Riebeek Kasteel: 13 Oktober 2007
So omtrent 11:00 was ons by die halfweg stop en daarvandaan met 'n hop-skip en 'n jump is ons bo so 12:00. Die bobejane wat ons oppad gekry het, het ons maar ge-boggom dat ons die karakters laat weet dat ons wel oppad was. Die weer was baie lekker en ons het 'n heerlike tyd daarbo gehad.
Dankie aan almal wat saamgekom het. Was baie lekker!
P.S.
Na die tyd terug huis toe en het ons lekker met die uitsig op Riebeek-kasteel berg gebraai en kuier in die amper-laat-somer lig
21 Augustus 2007
18 Junie 2007
Vadersdagnaweek: 15-17 Junie

Saterdagmiddag, aand en Sondagoggend verder bederf met lekker kos en goeie geselskap in die Doorduin-gastehuis. Ons het selfs sop, pampoenkoekies, sjokolades, blomme en marshmallows vir hot-chocholate aande saamgekry!
Sondagmiddag was dit kuier met die van den Dools, van den Dool-to-be, en die Natrasse. Dit was 'n lekker vadersdagkuier, en Pa Gerrit het omtrent 'n arm vol geskenke gekry - van kerrievis tot 'n boek oor die geskiedenis van Durbanville! Na 'n heerlike Argilla-ete deur Ma Marti (sjoe dis al wat ons doen deesdae - eet!) en poeding uit 'n blik en 'n boks en koffie uit RD se hand, het ons die res van die middag op ons sitvlakke, stuitjies en rue verder in die sitkamer verwyl. Die weer was ook al teen die tyd weer sleg, so 'n middagstappie was ongelukkig buite die kwessie. Ai! Die Doorduine moes weer 5uur se kant die lang pad na Malmesbury aanpak, want glo dit of nie, daar was NOG kombuiskaste om te gaan klaarmaak.
O ja, en net weer die naweek besef: Ons het fantastiese vaders!
13 Junie 2007
Kaste-bou naweek: 8-10 Junie

Dit was darm nie 'n vervelige naweek nie. Wim en Cia en Cebella het Saterdag heerlik by ons gekuier, en ons emosione
el ondersteun. Ons het ons nuwe Weber vir die tweede keer gebruik, en 'n GROOT pizza gemaak met skoonouers se pizza-plaat. Tip: wag tot die vuur effe koeler is en versprei die kole eweredig, tensy jy van gebrande pizzakors hou! Jaco het later die middag by ons aangesluit en tot Sondagmiddag gebly. Hy is effens misbruik, want twee pare hande i.p.v. een is darm baie handig as mens kasbou. Maar ons het darm vir hom kosgegee, en 'n lekker dubbelbed met 'n (nuwe) handdoek en 'n (nuwe) kombers en 'n hollandse tjoklit (jie).Uiteinde van die saak: Ek het kombuiskaste! Ek is baie hêppy en nou kan ons maar komende naweek gaan pret hê!


-
Die week is die projek waaraan ek die afgelope jaar gewerk het uiteindelik afgelewer! Nogal scary om 1 jaar se 600kg effort in die lug te si...
-
Ons het wel die res van ons naweek-aktiwiteite op CCD vasgelê. In EEN dag (ons is redelik trots op hierdie feit) het ons speelkamer 'n b...
