30 November 2008

Middeltuin en Soutfontein

Saterdag oggend saam met Waldo gaan vrugte pluk op Kari (uhm... eintlik Stargrow) se plaas (uhm... wat hulle huur...) Ek natuurlik die lab montser wat dik met sonbrandroom moes smeer. Ook bietjie onhandig met die selekteer van vrugte, maar baie handig met die pluk van die vrugte boooo-aan die boom. Redelik vinnig gesien dat ek eerder my aandag op fotos kan fokus. Ek het so paartjies hier geplaas. Laat middag weer oppad na huis.

Sondag het ons lekker uitgeslaap. Na 'n preek van Oom Jurgens op die radio geluister en verder aan finansies gewerk. Afgeond met 'n pret-trap om die koppie hier agter ons huis.

08 November 2008

In Eindelose Confusion

Die naweek uitgesit om seker te maak dat ons kan registreer hier in Marlmesburry se IEC. So Vrydag kom Marna saam met Kari. Op die plaas rondgeloop gekyk na die stropers en oes. By die dam verby gery en gesien daar is ouens besig om te windsurf. Ek kon dit nie weerstaan om nie ons seile te gaan haal en saam te seil nie. Die aand het Johan S. by ons kom braai. Lekker gekuier en gebraai.

Saterdag oggend na Malmesbury om te gaan registreer. Daargekom en ons hoor dat ons eintlik by Langverwagt hier by een van ons buurplase moet wees... Ons ry toe maar aan na Strand waar ons vir Marna aflaai en verder aanry na Pringlebaai.

Oom Piet het ons lekker ontmoet by Pringlebaai. Lekker om weer vir hom te sien en op te vang met al die nuus van familie tuis! Wim is getroud! Lekker familie dag! Ma het terugekom van 'n perel-stalletjies-sessie in Caledon. Pa het terugekom van Transvaal en Vrystaat. Stefan en Yolandi het ons ook later gejoin. Lekker gekuier.

Sondag het Colyn en Erica ook kom inloer. Lekker gesels en lyk of dit me die babetjie goedgaan. Ons is lekker saam met hulle opgewonde oor die nuwe bondeltjie wat hulle lewe ingaan. Laat aand weer terug en lekker gekuier

02 November 2008

Tribute to Ronel Nattrass


Vandag het sus Ronel die New York Marathon in 3.32 (onoffisieele tyd volgens die website) gehol. En dit terwyl sy siek is. Baie geluk Ronel! Ons is almal vreeslik trots op jou!

Sederberge Driehoek Kamp


Ons het die naweek 'n bietjie gaan kamp by Driehoek saam met die Obies and friends. Lekker klomp gewees, so 18 asems en asempies. Ons het laat gewerk Vrydagaand en gevolglik eers 12uur Vrydagnag daar aangekom. Die kamp was al stil. Weer baie dankbaar vir ons maklike kamp-opset: vind 'n gelyk spot, trek die bakkie reg, spring in onder die kombers en slaaaaap....




Saterdagoggend eers almal gegroet met 'n koffie in die hand, en vir Stef en Yolandi gaan opsoek, wat met twee tente en een slaapsak besig was om te kamp. :-) Ons moes die ander slaapsak bring, sien, maar die het toe eers saterdagoggend by hulle uitgekom. Hulle het egter goed reggekom, het hulle ons verseker. Ons het lekker by hulle campsite gekuier en nog koffie gedrink, en toe het ons 2 saam met Riaan en Jeanne gaan wandel na Oom Piet se plaas. Dit is darm pragtige omgewing. As die oom ooit wil verkoop, sal ek darm omtrent al my goedjies verkoop om daai stukkie aarde te koop.



Terug by die kamp middagete gemaak, gekuier, middagslapie gevang, gaan draf, en om die vuur gekuier. Ons het 'n seekospot aan die gang gesit, wat die vuur ge"occupy" het vir omtrent 'n uur en 'n half, en die ander moes maar wag met hulle vleisies. Gelukkig was daar BAIE pot en almal kon eerste honger daarmee stil.

Vanoggend het die weer baie dreigend gelyk, en toe die eerste fyn druppeltjies begin val, se ons cheers en gooi ons goedjies in en ry toe ook sommer. Jammer om so vroeg te moes gaan, maar daar het baie werk by die huis gewag.

26 Oktober 2008

Pa en Ma Doorduin kuier op Soutfontein

Ma en Pa, alias Hortiserv het die naweek by ons kom oorbly. Maar ons het hulle eers Sondag gesien, na Saterdag aand se kuier by Jaco en Renate in Stellenbosch... Elkgeval... Daar was 'n paar missions die naweek:
  • Om lekker te kuier
  • Muggies te dodge
  • Tonnel en plant goeters te gesels
  • Muggies te dodge
  • Tonnel...
  • Muggies...
  • Lekker te kuier en te braai...
Kari het dus vir Steven (one "landlord") vir 'n tonnel gevra. Die is intussen geinstalleer en ons moet bietjie werkskaf om hom lekker aan die gang te kry. Kort nog die finale oortrek van materiaal en verf etc... so Pa het kom help met die fynere kunsies en raadgee oor hoe dit regtig moet.

Die aand lekker gebraai en gekuier. Altyd lekker om weer te besef hoe gelukkig beide van ons (ek en Kari) met ons ouers en skoonouers is! Ons kan net dankbaar wees en Vader dank vir al sy gawes!

12 Oktober 2008

Paar Notas uit Malmesbury

12/10/2008:
Alby van ons het lekker geswoeg en gesweet. Ek aan werk en Kari in die tuin. D.w.s. ons kort 'n lekker breek. Sondag middag ete gaan smul by die Pleasant Feasant aan die voet van Riebeek Kasteel. Dit bring natuurlik teweeg dat ek 'n pragtige fotos van my vroutjie kon neem!

14/10/2008: Maan foto oor lande

18/10/2008
Die volgende Saterdag by Wortelgat om 'n saam met Keith sy verjaardag te vier. Erika het vir hom 'n koek spesiaal vir Antarktika gebak.

11 Oktober 2008

Projects