29 Mei 2012

I'm too sexy for my shirt!

Oh the nights

Sjoe waar gaan die tyd heen. Dis al weer 'n hele tydjie vandat ek laas geblog het - soos Marna my herinner haak Vincent 'n bietjie lank vas met sy ABC's. Hy is darm nou al verby die stadium en kan al maak soos 'n uil, 'n vissie, 'n kat, 'n hond, 'n perd en die donkie sukkel nog bietjie maar dis amper daar!
Die ding is as mens so min slaap soos ek - het mens nie in die aande nog krag vir blog skryf nie. Dan doen mens die nodige - was die skottelgoed, vee die aanregte af, skop gou al die speelgoed min of meer uit die pad dat ek nie in my soms 5 of 6 trippies 'n nag na Vincent se kamer toe daaroor val nie, en gaan klim in die bed. Blog skryf is nie op my Maslov lysie nie. Die dat dit "by the wayside" val.

Vanaand is bietjie beter as gisteraand. Nie dat gisteraand nie lekker en gesellig was nie, ons het gekuier vir Ronel se verjaardag en Ouma en Oupa van den Dool wat more op 'n amper-rondom-die-wereld-toer vertrek. En vir Oupa en Ouma Doorduin se 36ste huweliksherdenking. Riaan het baie mooi onthou om vir al die events te bid, en dit was 'n geseende aand. Die oumas het die kinners gebad terwyl die res van ons (behalwe die mans) vars pasta en 'n miljoen souse gemaak het. Ek was bietjie te oorywerig met die sousbeplanning. Die finale produk het baie mooi op die borde gelyk: 'n hoop pasta in die middel met blomblare van sous rondom. Na 3 probeerslae om Vincent aan die slaap te kry, het ons ingegee aan sy behoefte om deel  (eintlik die middelpunt ) van die geselskap te wees. En toe ons hom op die ou end om net voor tien in die bed kry, was sy breintjie duidelik nog nie afgeskakel nie. Die toe oe was maar net 'n smokescreen en voor 12 was hy al 3 keer weer wakker en het ons hom maar by ons in die bed gesit. Ons het immers 'n baie groot bed (twee driekwart beddens teen mekaar) vir daai doel. Maar, soos Riaan vanoggend met 'n baie moee stem gemompel het, vir Vincent het ons 'n rugbyveld nodig. Rustig was die nag beslis nie, op 'n stadium het ek wakker geword (haai dan moes ek actually geslaap het!) en gesien Riaan hang omtrent met sy voete en skouers aan die bed en die res van sy lyf halfpad af en Vincent le met sy lyfie dwarsoor die bed en lyk of hy Riaan met sy kop teen sy maag probeer heeltemal afstoot van die bed af. Ek vra toe maar of hy ok is so, en die antwoord was "nie eintlik nie". Vincent het nie baie daarvan gehou om aan sy voete teruggetrek te word na die middel van die bed nie, en luidkeels geprotesteer en byna onmiddelik weer sy voorgenoemde posisie ingeneem. Was dit toe dat Riaan maar vir 'n uur lank gaan kyk het hoe vorder die downloads op die rekenaar in die studeerkamer? Ek kan nie onhou nie.
Vanoggend was Ta bright eyed and bushy tailed en ons ooglede het omtrent agter ons aangesleep oor die vloer. Gelukkig was Ouma Doorduin 'n vervrissende teenwoordigheid en hulp.

Nou wat soek ek nog die tyd van die aand agter die rekenaar? Goeie vraag!

06 April 2012

03 April 2012

Kromrivier kinder-uitstappie

Twee naweke terug het ons Vincent vir die eerste keer aan stap in die berg voorgestel. Ons het saam met Liesbet, Corne en Dirkie, William en Gytha en Ethan, en Lise en Keith na Kromrivier hut gestap en Saterdagaand daar geslaap. Dit was nogal baie koud met die instap, die wind het gewaai en Vincent het sit en snak na sy asem op my rug, maar hy het die stappie geniet en allerhande geselsies gesit en maak so tussen die snakke deur. Dit is maar 'n 40 minute stap, so net 'n lekker entjie om alles uit te toets. By die hut aangekom is daar gougou koffie georganiseer, en Riaan was so gaaf om 'n tentjie vir sy gesin onder die bome op te slaan sodat ons ons eie skuilingkie kon he. Ek was baie verbaas dat hy, wat nie 'n tent opslaan tensy dit ABSOLUUT BESLIS SONDER TWYFEL nodig is nie. En dit is omtrent nooit. 'n Baba verander 'n man. :-)

Ons het lekker gekuier en die weer was darm nie TE sleg nie. Vincent was 'n bietjie siek, so ons het nie geswem nie, wat jammer was want daar is 'n pragtige swempoel. Hy het wel bietjie in die stroompie gespeel en gekyk hoe sy vriend Dirk die water geniet. Ons het nie veel gedoen behalwe kuier en slaap en koffie drink nie. Ek was verbaas dat die slapery so goed gegaan het, met ons drie saam in die tent en die wind wat die tent omtrent om ons ore rondflap.

Sondag het ons so middagete se kant uitgestap, en 'n "very close encounter" met twee helikopters gehad wat besig was om 'n Hi-Tech advertensie te maak. Hulle het heeltyd net bo ons koppe gehang, en die een het nogal 'n indrukwekkende stuk kamera op die neus gemonteer gehad. Wonder of ons ooit die advertensie sal sien.




Ons lekker kampplekkie onder die enigste dennebome in SA wat beskerm word deur die bergclub. Amptelik met 'n kennisgewing om dit te bewys! 


Stoepstories..

 Hier sit die manne...

Vincent oefen om te kruip in die hut, met baie aanmoediging van all present.

The power of words

26 Maart 2012

'n Man het sy steak nodig!

 Vincent: en toe klim ek op my hobbelperd en jaag die kat en vang haar aan die stert. Dit was 'n woeste geveg, maar toe ek klaar is met haar toe sit sy saam met die ander diere op die boekrak waar sy hoort.
Benjamin: maar..
 Wag bly stil, ek is nog nie klaar nie. En toe wou my ma he ek moet sulke slegte ryspap eet. Kan jy glo: ek wat krag nodig het vir al die avonture. Ryspap! Blah. 'n Man het steak nodig. Ek voel al hoe lam is my bene as ek probeer opstaan. Hulle wil nie saamwerk nie! Dan moedig almal my aan om te kruip, maar hulle gee nie eers vir my oordentlike kos nie!

Ek is so bly jy verstaan.

Lekker by die dam

Colyn (x2) se verjaardag was by 'n lekker dam op 'n Ceres boer se plaas. Die kinders het al te lekker in die sand en in die water gespeel. 

                                     



 Vincent het sy eerste smakie van sand gekry. Ek dink nie hy het al agtergekom mens kan dit nie eet nie.



Altyd lekker op Pappa se skouers!

Projects