07 Desember 2008

Seil!













Die hele einde van die week is Riaan vreeslik geheimsinnig oor ons planne vir Sondag. Ons gaan dalk iets lekker doen, maar ek mag nie weet wat nie, want netnou sien ek uit en dan gebeur dit nie. Gefluisterde oproepe word hier en daar gemaak, en ek hoor net elke slag dat die planne nog voortgaan, maar ons gaan eers Sondagoggend finaal weet, want dit is weer-afhanklik.
Sondagoggend breek aan, en na 'n paar sms'e en 'n oproep, word ek meegedeel dat ons maar kan gaan. Nou wat moet ek saamvat, wil ek weet. Toe moet ek van alles en nogwat inpak. Stapskoene ('n decoy), hoed, waterklere, warm baadjie, sonbrandroom, ekstra klere vir ingeval ons nat word, 'n paar snacks. O ja en kameras, natuurlik. Soos ons aftravel met die N7, word die opsies een na die ander uitgeskakel. Ons ry suid, so dit is nie iets in die Cedarberge nie. Ons ry verby die Atlantis-afdraai, so dit is nie duine-ry nie. Ons ry verby Rattanga, so ook nie dit nie. Eindelik lyk dit of ons na die waterfront/hawe toe oppad is. Ek het 'n paar keer geraai dat ons gaan seil of roei, maar R het niks weggegee nie. So ek het eers finaal geweet toe ons by die Royal Cape Yacht Club indraai. Lekker om met so iets verras te word!

Daar kry ons toe vir kollega Francois, Paul (wie se seiljag dit is), Kelan, nog twee girls en 'n ou, en Willie, die eienaar van die Orion, wat al om die wereld geseil het saam met sy seun. Na 'n lekker club-ontbyt, bestyg ons die boot ('n FAR-38, Bundi. Pragtige boot), en binne 'n japtrap is ons uit die hawe. Eers 'n rukkie met die Japanese windmaker (motor) gecruise, en te so net binne die hawemuur seile gehys. Alles lyk so maklik, mens het net een of twee mense nodig wat weet wat om te doen, en, siedaar, volle seile staan bol in die wind en ons is op koers na Robben Eiland. Dit was 'n perfekte dag vir seil, nie te veel wind nie, maar genoeg dat ons darm ente 'n goeie spoed kon handhaaf. Ons het almal beurt gekry om te bestuur. Maak mens nogal lus vir boot-koop!

Dankie aan Paul en Bundi vir 'n heerlike seil-ervaring, en aan Francois vir die saamnooi!

06 Desember 2008

Klondyke kersie-pluk







Saterdag na Erica se stork-party het ons 'n kersie-pluk gereel. Eintlik spesiaal vir Keith, omdat hy vir so 'n jaar-en-'n-half nie weer 'n kersie te siene gaan kry nie. Dit is groot pret, en ons kan dit aanbeveel. So 1 1/2 uur uit Kaapstad, buite Ceres aan Theronsberg se kant. Volg die borde vir Klondyke. Die seisoen is van so helfte November tot end Januarie oop. Ingang kos R15, en dan betaal mens R38/kilo vir die kersies wat jy uitvat (omtrent helfte van wat mens in die winkels vir kersies betaal!). En niks vir dit wat jy binne eet nie, bargain! Behalwe dat mens gewoonlik met maagpyn opeindig, want willens en wetens kry mens 'n klomp onryp kersies in.

03 Desember 2008

Julie en David Morris se troue

Wat 'n fees as mense besluit dat hulle troue hou met die volgende in ag geneem:
  1. In die middel van die week kan mens mos nie nee se vir 'n effense vroegloop by die werk nie... (dit is mos immers belangrike sake...) En die ander voordeel natuurlik is dat jy heel naweek oop het om lekker dinge te doen! (Lees res van blog vir meer lekker dinge om te doen.)
  2. Hulle reel dit 20 minute van jou huis af by 'n stunning venue waar jy nog altyd wou gaan kyk het...
Okay... dalk bietjie oppervlakkige om so daarna te kyk... maar ongeag die twee punte het ons dus Woensdag na Juli en David se troue gegaan. Dit was 'n pragtige diens en lekker om almal weer te sien. Juli en David was pragtig en hulle is 'n keurige paartjie.

30 November 2008

Middeltuin en Soutfontein

Saterdag oggend saam met Waldo gaan vrugte pluk op Kari (uhm... eintlik Stargrow) se plaas (uhm... wat hulle huur...) Ek natuurlik die lab montser wat dik met sonbrandroom moes smeer. Ook bietjie onhandig met die selekteer van vrugte, maar baie handig met die pluk van die vrugte boooo-aan die boom. Redelik vinnig gesien dat ek eerder my aandag op fotos kan fokus. Ek het so paartjies hier geplaas. Laat middag weer oppad na huis.

Sondag het ons lekker uitgeslaap. Na 'n preek van Oom Jurgens op die radio geluister en verder aan finansies gewerk. Afgeond met 'n pret-trap om die koppie hier agter ons huis.

08 November 2008

In Eindelose Confusion

Die naweek uitgesit om seker te maak dat ons kan registreer hier in Marlmesburry se IEC. So Vrydag kom Marna saam met Kari. Op die plaas rondgeloop gekyk na die stropers en oes. By die dam verby gery en gesien daar is ouens besig om te windsurf. Ek kon dit nie weerstaan om nie ons seile te gaan haal en saam te seil nie. Die aand het Johan S. by ons kom braai. Lekker gekuier en gebraai.

Saterdag oggend na Malmesbury om te gaan registreer. Daargekom en ons hoor dat ons eintlik by Langverwagt hier by een van ons buurplase moet wees... Ons ry toe maar aan na Strand waar ons vir Marna aflaai en verder aanry na Pringlebaai.

Oom Piet het ons lekker ontmoet by Pringlebaai. Lekker om weer vir hom te sien en op te vang met al die nuus van familie tuis! Wim is getroud! Lekker familie dag! Ma het terugekom van 'n perel-stalletjies-sessie in Caledon. Pa het terugekom van Transvaal en Vrystaat. Stefan en Yolandi het ons ook later gejoin. Lekker gekuier.

Sondag het Colyn en Erica ook kom inloer. Lekker gesels en lyk of dit me die babetjie goedgaan. Ons is lekker saam met hulle opgewonde oor die nuwe bondeltjie wat hulle lewe ingaan. Laat aand weer terug en lekker gekuier

02 November 2008

Tribute to Ronel Nattrass


Vandag het sus Ronel die New York Marathon in 3.32 (onoffisieele tyd volgens die website) gehol. En dit terwyl sy siek is. Baie geluk Ronel! Ons is almal vreeslik trots op jou!

Sederberge Driehoek Kamp


Ons het die naweek 'n bietjie gaan kamp by Driehoek saam met die Obies and friends. Lekker klomp gewees, so 18 asems en asempies. Ons het laat gewerk Vrydagaand en gevolglik eers 12uur Vrydagnag daar aangekom. Die kamp was al stil. Weer baie dankbaar vir ons maklike kamp-opset: vind 'n gelyk spot, trek die bakkie reg, spring in onder die kombers en slaaaaap....




Saterdagoggend eers almal gegroet met 'n koffie in die hand, en vir Stef en Yolandi gaan opsoek, wat met twee tente en een slaapsak besig was om te kamp. :-) Ons moes die ander slaapsak bring, sien, maar die het toe eers saterdagoggend by hulle uitgekom. Hulle het egter goed reggekom, het hulle ons verseker. Ons het lekker by hulle campsite gekuier en nog koffie gedrink, en toe het ons 2 saam met Riaan en Jeanne gaan wandel na Oom Piet se plaas. Dit is darm pragtige omgewing. As die oom ooit wil verkoop, sal ek darm omtrent al my goedjies verkoop om daai stukkie aarde te koop.



Terug by die kamp middagete gemaak, gekuier, middagslapie gevang, gaan draf, en om die vuur gekuier. Ons het 'n seekospot aan die gang gesit, wat die vuur ge"occupy" het vir omtrent 'n uur en 'n half, en die ander moes maar wag met hulle vleisies. Gelukkig was daar BAIE pot en almal kon eerste honger daarmee stil.

Vanoggend het die weer baie dreigend gelyk, en toe die eerste fyn druppeltjies begin val, se ons cheers en gooi ons goedjies in en ry toe ook sommer. Jammer om so vroeg te moes gaan, maar daar het baie werk by die huis gewag.

Projects