

Vir almal wat vir ons lief is. Die wat nie spesifiek vir ons lief is nie, mag ook maar kyk.


Natuurlik saam met elke gang moes 'n bypassende wyn gaan, so ons was nogal opgewyn aan die einde van die aand.
Tydens ons Wortelgat-kuier so 'n paar naweke terug, het ons gewonder wat om te doen met Paasnaweek. Kan nie onthou waar die idee vandaan gekom het om Baviaanskloof toe te gaan nie, maar dit het daar begin.
Ons was so 6uur se kant by ons kampplek, 9 km anderkant Patensie in die bos. Gonja 4x4 kampplek. Dit was heerlik stil en rustig, net ons op die plek, en dis so naby aan die natuur soos wat mens kan kom. Ons het sommer op die gras geslaap - en pragtige naggeluide gehoor, 'n hele paar verskillende uile en 'n knysnaloerie, wat ons die volgende oggend gesien het ook. Saterdag het ons die kloof gedoen. Gelukkig het Jaco 'n GROOT bulbar op sy bakkie, en ons kon met selfvertroue om die nou draaitjies ry. Want sjoe, die pad is nogal baie nou op plekke, en baiekeer moet mens terugstoot as daar 'n voertuig van voor af kom. Ons het eers die Kouga-dam gaan kyk. Baie indrukwekkend. Ons het ook by Komdomo ingeloer. Dit lyk na 'n 

Verder by 'n paar mooi uitkykplekke gestop, en so 6uur se kant by Doringkloof gestop, waar ons Saterdagaand en Sondagaand gekamp het.

makkedaatgrotte, grotte wat toegebou is en soos 'n huis ingerig is. Elfuur op De Rust gestop vir 'n lekker koppie koffie en 'n scone, en net buite Oudtshoorn by 'n kelder waar Jaco al vir 'n lang tyd wou stop, maar nog nooit by uitgekom het nie. Hulle maak Witblits genoem Oom Danie se wit hond, en Jaco het vir hom 'n botteltjie aangeskaf. Ons het maar gegaan vir die koffielikeur.
erbygaan. So het ons ook die KKNK se verkeer gemis. By Ashton het ons wel die verkeer geslaan, en tot by Robertson in 'n baie stadige tou karre gesit. Gelukkig het Jaco 'n GPS, en ons kon weereens alternatiewe paaie soek. Net na Robertson het ons regs gedraai Moordkuil toe, en toe weer via Franschoek Stellenbosch toe.


