02 Julie 2011

Uitstappie in die reen


Liesbet kom kuier met Dirkie, en dit reen, maar ons is nie bang nie, en gaan kyk na 'n plekkie baie naby aan ons huis waaroor ek al 'n lang tyd wonder. Ons ry eers tot naby die venster, en sien 'n welkom bord, en 'n gas-heater. Die plek adverteer "coffee shop and deli". Ons dink dit lyk nie te sleg nie, en maak die dash in deur die reen.Dit was 'n fout. Die museumpie aan die koffiewinkel was heel oulik om een keer te sien, maar die koffie, koekies en broodjies was erg teleurstellend. Die cuppochino was van die Nescafe sakkies, die koekies was uit daai groot pakke waar daar so 100 koekies in is vir R20, en die broodjie, wel, daar was iets snaaks aan wat ons nie kon identifiseer nie. En ook nie te hard probeer doen het nie.
Nou weet ons dit ook.

Na 'n draai deur die dorp om te gaan kyk of die Hollandse slagter krokette en ander interessante dinge het, en om nog 'n koffieplek te gaan soek, kies ons maar eerder die veilige opsie en kom drink tee by die huis voor 'n kaggel. En sodat Riaan bietjie kan oefen met Dirkie hoe om 'n baba vas te hou.

28 Junie 2011

Pamper-dag by Sante

Kleinboet het ons darm nog tyd gegee om 'n ma-en-dogters pamper dag by Sante Winelands Spa in te pas. Dit was 'n heel luukse ervaring! Die terapeut wou my net nie eintlik meer masseer nie - ek dink sy was baie bang ek kry die babatjie net daar! Sy het darm bietjie kop en voete gevryf (ekt maar nie vir haar gese daar is trigger punte op mens se voete wat die baba ook kan laat kom, volgens die refleksiologie-ouens nie!) met 'n kersie waarvan mens die was kan gebruik - blykbaar is olies redelik uit van 6 maande af. Ons het die uitstappie afgesluit met lekker koffie by Backsberg.











17 Junie 2011

Baba-tee


Dis darm lekker as 'n vriendin mens so verras met 'n Tea for Two! Amptelik my babatee, georganiseer deur Liesbet.

Die kat sit in die bad

Mia hou ook van die idee dat ons nou 'n bad het. Sy verkies hom sonder water.



Moedersdag

Moedersdag was 'n groot kuier by ons - Riaan, Adri en Mieke, Lise, Yolandi en Stef en J & B, ons het julle gemis!Op al die nuwe lede wat die jaar by die familie gevoeg word!

Hierdie moet mens beslis afneem - al die manne aan't werk in die kombuis!

Twin tummies!

Projects