Mielie-malligheid...
Vir almal wat vir ons lief is. Die wat nie spesifiek vir ons lief is nie, mag ook maar kyk.

 Vandag so vinnig probeer om die lekker koel weer te optimeer met 'n MTB sessie en toe onsself vasgeloop in 'n reenbui ... (die weerburo het ons gewaarsku). Kari wat na 20 minute se pret nog lus was vir meer het gaan draf! Die term "When it rains it pours" het redelik gefeature to na 'n stilte in die storm, die storm met hardereen en blitse neergedaal het. In die bakkie gespring en haar gaan soek. Bietjie teleurgestel toe sy se: "Maar dit is lekker!". Kari het seker gesien dat my ego dalk 'n bietjie geknak kon wees deur die nodelose reddings poging en het toe in die warm bakkie ingespring. Omgedraai en huistoe gesnel. Terwyl ons ry het dit weer wild gereen en die bakkie het nogal gegly op die grondpad (wat intussen 'n rivier geword het). Tuis lekker droog het ons 'n heerlike koffie gedrink om weer die warmte na die lywe te laat terugkeer.

 Kelan, nog twee girls en 'n ou, en Willie, die eienaar van die Orion, wat al om die wereld geseil het saam met sy seun. Na 'n lekker club-ontbyt, bestyg ons die boot ('n FAR-38, Bundi. Pragtige boot), en binne 'n japtrap is ons uit die hawe. Eers 'n rukkie met die Japanese windmaker (motor) gecruise, en te so net binne die hawemuur seile gehys. Alles lyk so maklik, mens het net een of twee mense nodig wat weet wat om te doen, en, siedaar, volle seile staan bol in die wind en ons is op koers na Robben Eiland. Dit was 'n perfekte dag vir seil, nie te veel wind nie, maar genoeg dat ons darm ente 'n goeie spoed kon handhaaf. Ons het almal beurt gekry om te bestuur. Maak mens nogal lus vir boot-koop!

 Saterdag oggend saam met Waldo gaan vrugte pluk op Kari (uhm... eintlik Stargrow) se plaas (uhm... wat hulle huur...) Ek natuurlik die lab montser wat dik met sonbrandroom moes smeer. Ook bietjie onhandig met die selekteer van vrugte, maar baie handig met die pluk van die vrugte boooo-aan die boom. Redelik vinnig gesien dat ek eerder my aandag op fotos kan fokus. Ek het so paartjies hier geplaas. Laat middag weer oppad na huis.
Saterdag oggend saam met Waldo gaan vrugte pluk op Kari (uhm... eintlik Stargrow) se plaas (uhm... wat hulle huur...) Ek natuurlik die lab montser wat dik met sonbrandroom moes smeer. Ook bietjie onhandig met die selekteer van vrugte, maar baie handig met die pluk van die vrugte boooo-aan die boom. Redelik vinnig gesien dat ek eerder my aandag op fotos kan fokus. Ek het so paartjies hier geplaas. Laat middag weer oppad na huis. Sondag het ons lekker uitgeslaap. Na 'n preek van Oom Jurgens op die radio geluister en verder aan finansies gewerk. Afgeond met 'n pret-trap om die koppie hier agter ons huis.
Sondag het ons lekker uitgeslaap. Na 'n preek van Oom Jurgens op die radio geluister en verder aan finansies gewerk. Afgeond met 'n pret-trap om die koppie hier agter ons huis.

 Die naweek uitgesit om seker te maak dat ons kan registreer hier in Marlmesburry se IEC. So Vrydag kom Marna saam met Kari. Op die plaas rondgeloop gekyk na die stropers en oes. By die dam verby gery en gesien daar is ouens besig om te windsurf. Ek kon dit nie weerstaan om nie ons seile te gaan haal en saam te seil nie. Die aand het Johan S. by ons kom braai. Lekker gekuier en gebraai.
Die naweek uitgesit om seker te maak dat ons kan registreer hier in Marlmesburry se IEC. So Vrydag kom Marna saam met Kari. Op die plaas rondgeloop gekyk na die stropers en oes. By die dam verby gery en gesien daar is ouens besig om te windsurf. Ek kon dit nie weerstaan om nie ons seile te gaan haal en saam te seil nie. Die aand het Johan S. by ons kom braai. Lekker gekuier en gebraai. Oom Piet het ons lekker ontmoet by Pringlebaai. Lekker om weer vir hom te sien en op te vang met al die nuus van familie tuis! Wim is getroud! Lekker familie dag! Ma het terugekom van 'n perel-stalletjies-sessie  in Caledon. Pa het terugekom van Transvaal en Vrystaat. Stefan en Yolandi het ons ook later gejoin. Lekker gekuier.
Oom Piet het ons lekker ontmoet by Pringlebaai. Lekker om weer vir hom te sien en op te vang met al die nuus van familie tuis! Wim is getroud! Lekker familie dag! Ma het terugekom van 'n perel-stalletjies-sessie  in Caledon. Pa het terugekom van Transvaal en Vrystaat. Stefan en Yolandi het ons ook later gejoin. Lekker gekuier.

 met 'n koffie in die hand, en vir Stef en Yolandi gaan opsoek, wat met twee tente en een slaapsak besig was om te kamp. :-) Ons moes die ander slaapsak bring, sien, maar die het toe eers saterdagoggend by hulle uitgekom. Hulle het egter goed reggekom, het hulle ons verseker. Ons het lekker by hulle campsite gekuier en nog koffie gedrink, en toe het ons 2 saam met Riaan en Jeanne gaan wandel na Oom Piet se plaas. Dit is darm pragtige omgewing. As die oom ooit wil verkoop, sal ek darm omtrent al my goedjies verkoop om daai stukkie aarde te koop.