
Vir almal wat vir ons lief is. Die wat nie spesifiek vir ons lief is nie, mag ook maar kyk.
24 Mei 2008
Fluit fluit...

23 Mei 2008
Oppad na George

22 Mei 2008
via Grahamstad na Jeffereys

21 Mei 2008
Barkley Oos na Hogsback


20 Mei 2008
Rhodes en omgewing




Onderweg draai ons af by die Steyns van die Caves, Piet en Dalena. Kari het so paar jaar terug ook hier afgedraai en het dit onthou. Piet verduidelik dat alle Steyns in Suid Afrika op een of ander manier familie, d.w.s. Steven op wie se plaas ons huur is ook famielie. Verder het Piet ook die kurrikulum geskryf vir die Technica Elektries HG wat ek op Drostdy gehad het. Natuurlik het hy al die onderwysers ook geken. Dan ken hy ook vir Peter Jan se pa, wie ek dan ken via die bergklub. Dit is regtig besonderse mense. Bo-en behalwe dat Piet die plaas boer (en vooruit daarby) het hy een van die skole in Rhodes op standaard gekry. Daar 'n sukses gemaak en toe is hy genader om Barkley Oos se skoolhoof te wees, waar hy tans ook baie doen. Mense wat so baie vir die samelewing gee. Regtig iemand wat dit nie vir erkenning doen nie, maar wat dit verdien!
The Caves was baie oulik. Dit is dit grootste grot wat vir kommersieele boerdery gebruik word in Suid Afrika. Ons het naby die grot kamp opgeslaan. Aandete gemaak en toe gaan hot-chocolate drink by die Steyns. Lekker gekuier. Ook ontdek dat hulle bolle aan Oak Valley verskaf! Wêreld is darem klein! So jip, na die lekker kuier het ons tussen die beeste in die veld gaan slaap! (En wakker geword van 'n koei wat met groot genoegdoening ons omgekeerde tafel skoonlek!)Lekker plaas! Zzzz..
19 Mei 2008
Cobham en Vrederus

Fotos geneem lans die pad en by "The Duck and Do-Little" gekoffie.
(Nie aan te bevele nie. Mooi omgewing maar simpel plekkie vol kitch goeters soos plastiekpoppe. En hule vat nie kredietkaarte vir bedrae onder R50 nie, wees gewaarsku!)



http://www.linecasters.co.za/vrederus
juan@vrederus.co.za
(045) 932 1572
18 Mei 2008
Cobham

17 Mei 2008
Midlands meander


16 Mei 2008
Injasuthi kamp uitsorteer

Daar aan die gesels geraak met 'n onderwyser van die Hillcrest Christian Accademy se buitelug program. Hulle aksie maak mens nogal opgewonde oor die jeug en die atlternatiewe opleidings programme. Hulle was omtrent so groep van 30 kinders, almal so 12 jaar oud.
Ook die Kwa-Zulu Natal Parkeraad is ongelooflik. Alles is super skoon. Die mense is vriendelik en baie bilik geprys.
Kari het wasgoed gewas. Ons het verder goeters uitgesorteer, uitgedroog en weggepak vir die res van die reis. Na die vorige paar dae se aktiwiteite het die res van die dag so iets gegaan in die lyn van: Iets gedoen, dan weer bietjie gesels en lees en dan nog so ietsie gedoen.... Lui maar lekker! (Dit was nodig, want ons was STYF!) Die aand 'n paar trouts gebraai en Kari het altwee opgeeet.... Sjoe! (Nie aldag wat mens kan trout eet nie... )Ek kon nie eers 'n ou stukkie wors opkry nie...
Elkgeval... Lekker om so baie tyd hier by Injasuthi te kon deurbring!
15 Mei 2008
Injusthi stap: Dag 4

14 Mei 2008
Injusthi stap: Dag 3



13 Mei 2008
Injusthi stap: Dag 2



12 Mei 2008
Injusuthi stap: Dag 1



11 Mei 2008
Cathedral se Rainbow Gorge

So 8 uur kamp opgepak en vinnig Rainbow Gorge gaan stap. 'n Pragtige inheemse woud met die ongelooflikste bos gevoel. Baie fotos geneem (maar in bosse moet mens, want hulle kom nie gewoonlik uit nie). Lekker rustig. Terug by die parkeerterrein van die Didima hotel amper op 'n klein slang getrap.(Die vorige keer toe ek my man SO sien spring het, was toe 'n likkewaan vir hom hoezit gese het op die Visrivier!k) Uitgeteken. Kamp toe. Stort. Oppak en Injasuthi toe. Hans en Karen aangekom en ons het so laaste paar stap goeters uitgesorteer. Lekker gebraai voor ons die lekker stap aanpak!
(Ek en Karen het met groot vreugde die bord by die kantoor gesien wat trout adverteer, en ons moes opsluit gaan hoor of hulle vir ons 'n paar het. Gelukkig het hulle nog 2 gehad, en Hans het dit besonder lekker vir ons gaargemaak. Terwyl die mans 'n worsie en 'n braaibroodjie geniet het, het ons omtrent die vissies se grate afgelek. Dit is nie aldag wat mens trout kry nie, en teen R14/vis proe dit nog soveel lekkerder! Dit was die nag so koud dat die sak ys wat Hans op die gras uitgegooi het, die volgende oggend nog net so ongesmelt gele het! k)

10 Mei 2008
Cathedral kontoerpad
Vanoggend so teen 6:00 of 6:30 op en aan die gang. Gesukkel om ons eerste keer se basiese stap goed uitgesorteer te kry. Darem voor 8:00 by Ndidima hotel om ons ekstra 5km by die stap te voeg vir die inteken van die berg register. Seker nodig, maar wat 'n eindelose "slog". (Dis omrent 500 m se stap teen 'n bult op tot by die hotel waar mens die bergregister moet teken, dan weer daar af, en dan 4 km teerpad tot by die ou hotel waar mens met die stap begin. Dit is nog ok as mens nog vars is in die oggend, maar daai 4 km teer was 'n killer die middag toe ons klaar gestap het! k) By die haarnaald by Cathedral Peak Hotel begin ons
uiteindelik die berg bestyg. Lekker lekker! Op die klein berg verby Shermans Cave. Bo op die klein berg sien ons vir Cathedral Peak, die Bell, die Drie Susters, Outer, Inner en die res van die berge tot by Monk's Cowl. Naby Orange Peel gap draai ons links op die kontoer pad, onderdeur al die majestieuse berge. In die een klofie kry ons 'n klomp broodbome. Middagete op "One Tree Hill". Zig-zag na benede. "Slog" weer terug via die teerpad en teken uit. Kuier die aand lekker verder en troos die sekuriteits beampte met 'n tjop, brood en hot-chocolate. In die middel van die nag word ons verras deur 'n klompie bokke wat ons toe nie vinnig genoeg kon afneem nie... Zzzz...

09 Mei 2008
Oppad na Cathedral
Vanoggend vroeg opgepak en so net na 8:30 in die pad geval. Appels en sleutels by die stat afgegee en via Luneberg se kerk en kafee die pad na Vryheid geneem. Kari het suksesvol inkopies gedoen vir ditte en datte, terwyl ek nog by die ko-op, nog by die kwekery en nog by RAP-packaging geholpe kon word met 'n leë dik kunsmis sak ... Verder oppad na Dundee via Bloedrivier en Ncoma museums. Aan die oorkant van die laer is daar 'n kulturele sentrum wat die Zulu kant van die storie verteenwoordig. Baie gawe ou wat ons rondlei en 'n interessante blik op die verlede gee. In teenstelling met die Zulu kant kry ons 'n nors ou omie by Bloedrivier. Hy het sommer met die intrapslag aanspraak gemaak op sy ingang-geldjies. Elkgeval. Toe gou deur die ossewaens geloop, en ek kon net sien hoeveel meters ons met die koper kan maak.
Op Dundee het ons by die Museum middagete geëet. Ek en Wim en Cia het hier êrens tydens my verjaardag in 2003 geëet. Op Ladysmith (waar ek ook laas in 2003 was) het ons amper verdwaal. En weereens (as ons my neus gevolg het) sou ons verdwaal het, waar ek en Wim ook al 'n keer of wat die nag ingevaar het en moes navigeer op die suiderkruis. Gelukkig toe 'n ou daar naby wat ons gehelp het. Langs Spioenkop dam en Winterton verby eindig by Cathedral / Ndidima kampterein. Hier kamp ons in die nuwe kampterein. Lekker die aand 'n ou vleisie op die kole...
(Lekker om uiteindelik in die Drakensberge te wees. Ek was baie lanklaas hier, en glad nog nie by Cathedral-area nie. Dit slaan mens se asem weg as mens so deur die heuwels en statjies aangery kom, en die berg wat eers in die verte so klein lyk, verrys later tot 'n enorme reeks hier voor jou. Veral met die laatmiddagson was die kleure ongelooflik mooi. 'n Prentjie wat mens nie gou sal vergeet nie. k)
Op Dundee het ons by die Museum middagete geëet. Ek en Wim en Cia het hier êrens tydens my verjaardag in 2003 geëet. Op Ladysmith (waar ek ook laas in 2003 was) het ons amper verdwaal. En weereens (as ons my neus gevolg het) sou ons verdwaal het, waar ek en Wim ook al 'n keer of wat die nag ingevaar het en moes navigeer op die suiderkruis. Gelukkig toe 'n ou daar naby wat ons gehelp het. Langs Spioenkop dam en Winterton verby eindig by Cathedral / Ndidima kampterein. Hier kamp ons in die nuwe kampterein. Lekker die aand 'n ou vleisie op die kole...

08 Mei 2008
Mooihoek

Vanoggend redelik vroeg ontbyt geëet. Darem nie voor sonsopkoms nie. Na energie bymekaar geskraap is gekyk of ek die lek kon vind by die dammetjie. Lyk of dit daar by die gaas of mesh is wat die sement werk kort.
'n Lekker stap aangepak vroegmiddag: wat veronderstel was om 'n stappie voor middagete te wees het toe lank daarna geindig (afhangend natuurlik van hoe vinnig jy honger word...) Op pad na die nekkie agter die huis, bietjie na links, en toe af oor 'n randjie deur 'n bos. Beide klink maklik maar het nogal tyd gevat.Af met die pad, terug na die hek by die feetjiebos, maar toe mik ons links na die poort se kant by die rivier. Oor die rivier, en so al met 'n pad langs die rivier. (Hier lyk dit of mens die kom nogal lekker kan opdam!!-grappie). Ons sien 'n likkewaan, otterspore, en moontlik sy blyplek, wat ons met rus laat, maar lank van 'n van 'n afstand af dophou.
Koekies geeet op 'n klip en fotos geneem van dit van die poort en Linjaan. Verder na oom Rudolf se kuil se bokant-ste poel waar K 'n skoenlapper probeer afneem. Sy gly toe, ka-plonk kniediep in die poel in. Ai toggie.Alles probeer droogkry en die seer weggeswem. (Dit moes baie snaaks gelyk het. My voet gly, ek val opmy maag, ek en Riaan kyk na mekaar, en daar begin ek gly. Al met die skuins klippe af tot onder in die poel. Alles was nat, skoene, klere, kamera. Gelukkig is die kamera al gewoond aan rowwe behandeling, en ken die kuns van droog word in die son! k) Ek het ook 'n dip gevang. Na 'n paar koekies is ons terug huistoe. Kari het aan haar Spaanse huiswerk gewerk terwyl ek 'n draffie gaan vang het. Terug het ons begin inpak. :-( Lekker die aand gebraai, vir oulaas.
'n Lekker stap aangepak vroegmiddag: wat veronderstel was om 'n stappie voor middagete te wees het toe lank daarna geindig (afhangend natuurlik van hoe vinnig jy honger word...) Op pad na die nekkie agter die huis, bietjie na links, en toe af oor 'n randjie deur 'n bos. Beide klink maklik maar het nogal tyd gevat.Af met die pad, terug na die hek by die feetjiebos, maar toe mik ons links na die poort se kant by die rivier. Oor die rivier, en so al met 'n pad langs die rivier. (Hier lyk dit of mens die kom nogal lekker kan opdam!!-grappie). Ons sien 'n likkewaan, otterspore, en moontlik sy blyplek, wat ons met rus laat, maar lank van 'n van 'n afstand af dophou.
More is ons laaste dag op Mooihoek.
07 Mei 2008
Mooihoek
06 Mei 2008
Mooihoek
Vandag al bietjie meer ingeburger hier. Kari het vroegoggend 'n bult gaan klim. Ek het lekker laat geslaap... Bietjie koffie gedrink, ontbyt geëet en gelees. Ek het so vinnige draffie ingewerk na die boonste hekkie. Die middag is ons rustig na Oom Rudolf se kuil. Baie vinnig gedip: Dit was vreeslik koud! Kari het die swem so bietjie langer uitgerek! (Sulke poele MOET mens gebruik, al is dit winter! k) Rustig weer terug na huis en lekker in die ghoema gekuier en uitgerook vir die res van die aand.
05 Mei 2008
Mooihoek
Vandag is ons eerste dag op Mooihoek. Onder die heerlike duvet het ons die sonnetjie getart, maar is darem uiteindelik uit die vere en aan het ontbyt maak. Gou die sleutels gaan haal. Vir Kari rondgewys, afgepak. Met alles uitgesorteer en 'n vinnige middagete happie is ons vir die grand-tour-oor-die-koppie
na die feetjie bos. Af in 'n klofie in die rigting van Oom Rudolf se kuil en weer op na die huis. Lekker die aand gebraai. (Dit is voorwaar ongelooflik mooi. Ek kan net sien dat hier al soveel goeie tye saam gespandeer is. Die herinneringe dryf in die lug rond, en al kan mens hulle nie vasvang nie omdat dit nie aan jou behoort nie, weet mens hulle is daar. Dankie aan die Morisse dat ons so 'n ontspan-wekie voor die groot stappery by Mooihoek kon inwerk! k)

1 jaar Bruilofs Herdenking
Een jaar van getroude lewe: Beter as wat ek dit kon voorstel. 'n Ongelooflike vroutjie is my gegee en ek is baie geseend en dankbaar! Ons ken mekaar al so amper 10 jaar, maar die afgelope jaar kan ek se sy is myne!! En ek het 'n maatjie!! (Darm nou nie meer so alleen soos die dag toe hy gebore is nie...;-) Ek kan ook se dat die afgelope jaar die beste van my lewe was. Ons is voorwaar baie dankbaar dat die Vader ons vir mekaar gegee het. En watter beter plek om die herdenking te vier as bo-op die koppie by Mooihoek! K)
Kari: Jy is en bly die beste!!
Kari: Jy is en bly die beste!!
04 Mei 2008
Oppad na Mooihoek

Vroeg oggend in Wimpy by Colesberg gaan koffie drink om wakker te word en al langs die Hendrik Verwoerd (alias Gariep, of wat noem hulle die plek nou weer... ) en toe via Bethulie. By Smithfield het ons natuurlik verkeerd gedraai en amper in noodgevalle by die hospitaal ingery. Volgens oorlewering moet hier êrens ook nog 'n kanon wees met die naam van Grietjie wat ons toe nooit kon opspoor nie. 90km na Wepener en vinnig na Hobhouse. Daar 'n koppie koffie met vla / "custard"koek by die Oom en Tannie gedrink. Die Oom doen die ongelooflikste skilder en leer kuns. Baie besonders. Lady Brand. Naby Ficksburg by die kersieplaas "Constantia" gestop. Fouriesburg het 'n pragtige kerk en 'n lekker soppie en brood in Clarens terwyl dit giet van die reën verseker dat ons warm en vol verder kan aanskuif Bethlehem toe. Bohlokong, Warden, Vrede, grondpad, Volksrust, Wakkerstroom en Mooihoek!
03 Mei 2008
Dit is vakansie Tyd!
Laat oggend aan die gang na die vorige aand se jolyt. (Het sommer by Brett en Ronel gekiep na die troue. k) Laat inkopies by P'n P en slagter gedoen. Toe is ons oppad! Worcester, Beaufort en Colesberg die bakkie se dors geles. (En hy is nogal dors!) In gietende reen het ons erens 'n happie gaan eet en toe 'n stil plekkie voor die skool gesoek vir slaapplek...
02 Mei 2008
Irma en Marius Trou

Oppak
Vanoggend al ons dinge in die bakkie gepak..."Left-overs" vir ontbyt en laaste paar fotos gebackup om plek te maak vir die onmiddelike vakansie fotos! Nou oppad na Irma en Marius se troue!
01 Mei 2008
Hannes Grobler besoek Soutfontein

Paar vriende vir 'n lekker ontbyt genooi. So stuk, stuk muffins, spek, eiers en koffie deurgewerk tussen gaste se kom en gaan. Die eintlike rede vir die lekker kuier die oggend was dat die Steven (die boer by wie ons huur) se seun se skool 'n fondinsameling gereel het. Dit het behels dat mense kon betaal om saam met Hannes Grobler, een van Suid Afrika se voorste "rally drivers", in sy pyp kar (met Nissan Hardbody panele) teen 'n ontstellende spoed vir 'n spin om die blok kon gaan bloeddruk opjaag en adrenalien afblaas! Dit was 'n ongelooflike geraas, maar baie indrukwekkend soos hy om die draaie die wiele perfek skuif sodat hy teen maksimum spoed kan verby wroem!
Die res van die dag het ons pre-vakansie administrasie gewerk, gepak en huis opgeruim. Kari is nog gou na Irma se kombuis tee en ek het 'n lekker ent gaan fietsry!
Teken in op:
Plasings (Atom)
-
We have not hiked for a long long time. We have walked. We have strolled. We have toddled. But we have not HIKED So we decided to take...
-
Na 'n lang nag van flieks kyk en min slaap, land ons 6 a.m. op Attaturk Internasionaal. Gou-gou deur doeane en koop 'n visum, mens k...
-
Dit was effens hartseer om die naweek daaraan te dink dat ons by Ebb and Flow sou gewees het as dit nie vir lockdown was nie. Ek het so uitg...