20 Januarie 2010

Ystervark in die pot

Gisteroggend kry ek 'n oproep van Stephen met die nuus dat die ystervark (wat al so tyd op die werf pla) gevang is en of ek hom wil he. Dit is dan na aanleiding van 'n gesprek die naweek dat ons nog nooit ystervark geeet het nie. Nou ja. Dan kan 'n man seker nie nee se nie. So ry af oppad na werk, gewapen met 'n swart sak en 'n boksie om die gedierte in te laai. Na 'n vinnige loer na die lewendig aandete is daar besluit dat Piet dit sal dood maak en skoon maak. Wat ons toe nie besef nie, is dat dit 'n redelik storie is om so dier klaar te maak. Die spaar varkie, ag, krimvarkie, ag, ystervark is 'n aansienlik bietjie grooter as wat ek dit voorgestel het, en tot 'n mate nogal 'n vreemde ervaring om so dooie ding te bewerk. Gelukkig met Jaco wat via mobiele tegnologie vir morele ondersteuning sorg, leer mens die anatomie van so vark nogals vinnig ken! Nou vir die wat wonder hoe so vark lyk is die foto hier aangeheg. En ek vertrou dat ons more die eerste tjoppie op die kole gooi! Bon-apetit!

1 opmerking:

irmarius het gesĂȘ...

Hoe het daai tjoppie toe gesmaak?
En waarom moes die ystervark doodgemaak word? (Behalwe om hom te proe)

Projects