03 Junie 2010

Turkye en Italië: Dag 3 - Die res van die dag


Na al die baie besienswaardighede is ons honger, en Arzu wil by die Pudding Shop gaan eet. Ons wil nie, want dit is te toeristies (en duur), maar sy dring so soortvan aan. Gelukkig is dit vol, toe gaan ons by 'n plekkie daar naby (maar nog steeds op die toeriste straat) wat klomp kos het waarvan jy uitkies en dan betaal mens per gewig. Dit is eintlik nice, want hulle het 'n lekker verskeidenheid, en mens kan sien hoe dit lyk. Selfs in Turkye is prentjies maar misleidend...

Dit was ons duurste middagete in Istanbul op die ou end, maar ons het baie lekker geëet. En sy het haar geheim verklap, nl. dat sy verniet kan eet op die toeristestraat as sy haar toergids badge wys.

Daarna gaan wys sy vir ons die Asiese deel van Istanbul (neem die ferry vanaf Eminonu), waar
sy bly. Dit is baie minder toeristies en baie nice, met klomp winkels en stalletjies wat vars produkte verkoop. Ons loop 'n draai deur 'n paar strate saam met haar, en toe sê sy dis nou tyd vir betaal en ons haal maar die dollars uit en loop verder op ons eie. Ons het natuurlik baie goed gespot wat ons wil proe, so ons doen weer die rondte, en proe turkish delight met room, yoghurt met heuning, vars aarbeie en gebraaide mossels. Ons doen ook shopping vir more se piekniek middagete in die tuine van die Topkapi paleis, en koop 'n bottel wyn by 'n "goedkoop" wynshop.






































'n Turk wat regte egte turkse koffie maak

Toe kan ons nie dink wat om nog daar te doen nie, vergeet HEELTEMAL van die mooi stasiegebou en vat die ferry terug.

Terug by Eminonu gaan soek ons eers die Spice bazaar/Egiptian market. Dit is 'n onderdak mark waar al die stalletjies spices en verwante goed (ook baie turkish delight) verkoop. Die kruies is meestal pragtig uitgestal in bakke, en maak vir baie mooi fotos. Ek het by die Asiese markte Turkse saffraan gekoop - dit was lekker goedkoop vir 'n groot pakkie vol. Ek is gewoond daaraan om deur my ore te betaal vir 'n knypie van die goed - so het die "bargain" aangegryp. Oral in die spice bazaar sien ons ook die goedkoop Turkse saffraan, en sommige stalletjies het ook die heelwat duurder "regte" saffraan. Ek vra toe vir 'n mannetjie wat altwee verkoop wat die verskil is. Nee, sê hy, die Turkse saffraan is vir die Duitsers wat dadelik dink "Ha, dis 'n bargain", maar eintlik is dit bullshit. Oo, sê ek toe, nou maar dis goed ek het nie daarvoor geval nie. Maar eintlik het ek toe al..












































Na 'n kort sessie by die hotel, gaan ons terug na die toeristestraat om by 'n Kebap plekkie te gaan eet wat gelyk het of dit lekker groot broodjies met kebabvleis het vir baie goedkoop. Dit was ongelukkig weer 'n geval van oëverblindery deur prentjies, en wat soos 'n merske broodjie gelyk het wat jy met twee hande moet vat met vleis en ander goodies wat omtrent langs die kante uitval, is toe 'n dingetjie soos 'n opgerolde pannekoek en mens moet soek vir die vleis binne-in. Gelukkig het Rudi hulle die voorsienigheid (en die vrygewigheid) gehad om 'n Mezze platter en 'n ander voorgereg vir die tafel te koop, so op die ou end het ons darm heeltemal genoeg geëet.

Toe nog eers gou deur 'n paar toeristiese winkeltjies gaan stap voor slaaptyd.

Geen opmerkings nie: