04 Junie 2010

In Transit



So ja, nie veel geslaap nie, dalk 'n uur? Tweeuur op, en half 3 sit en wag ons vir ons shuttle voor ons ou hotel. Die hoteleienaar is daar rond, en daar loop 'n ou op en af wat nie lyk of hy 'n doel in die lewe het nie. Na 'n paar minute kom vra die hoteleienaar vir ons of ons nie 'n hoofpynpil vir ons drywer het nie. Surreal... hoop nie hy het 'n hangover nie!


Op die lughawe is checkin vinnig, en ons loop rond op soek na koffie, want ons is baie moeg. En by elke freaking plek is die koffie R40 per koppie! Dit is daylight robbery soos jy nog ooit gesien het, behalwe dat dit eintlik nog nag is. Toe ons 3 keer by al die plekke langs geloop het en onsself vergewis het daarvan dat hulle almal so duur is, is ek heeltemal moeg geloop en dring aan daarop dat ons nou maar moet gaan sit en dit betaal. Riaan wil nog om 'n ander hoek loop, maar ek is regtig nie meer lus nie en hy sien seker dat ek op die rand van 'n tantrum is, want ewe gedwee haal hy maar die beursie uit en koop vir sy vrou 'n koppie koffie van R40. En vir homself. Daar gaan ons laaste paar Lire wat ons spesiaal opgespaar het vir die lughawe vir iets om te drink EN te eet. En, om alles te kroon, toe ons later na ons boarding gate toe stap, kom ons verby 'n Starbucks wat die helfte van die prys is vir 'n dubbel so groot koppie koffie!!!

Geen opmerkings nie:

Projects