
Italië is baie anders as Istanbul! Meer spasie, minder mense.. ok, ons was in die platteland. :-)
En reën - die
eerste 3 dae het dit gereën. Gelukkig was ons in 'n wonderlike B&B net buite 'n wonderlike dorpie - Stef en Yolandi se voorstel. Ons het heerlik gerus en die reën het glad nie gepla nie. Vandaar het ons bietjie die omgewing verken die eerste dag - en gewag vir Irma hulle wat later die aand sou aanland. 'n Groot bonus - daar het ook mense gebly wat 'n Italiaanse kookkursus gedoen het, en hulle het die aand vir almal kos gemaak. Dit was heerlik, 'n hele spul tradisionele voorgeregte/bygeregte en 2 tipes ravioli.


http://www.laroccaitalia.com/eng/la-rocca is hoogs aan te bevele as iemand wat ons blog lees ooit in Piemonte omgewing van Italië verblyf soek.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking