16 September 2010

Potensiaal..

Een van die vreugdes van op 'n plaas woon is dat daar so nou en dan interessante goed voor jou deur afgelaai word. Soos skaapsterte in plastieksakke en halaal ystervarke in bokse.

En die slag 'n volstruiseier.

Wat maak mens met 'n volstruiseier? Nooi 20 (of is dit nou 25) mense vir ontbyt? Maak porsies roereier en vries dit in vir die volgende jaar se sondag-ontbyte?
Mmm, ek weet. Pannekoek! BAIE pannekoek.

En hoe maak mens die ding oop. Kettingsaag? Radial arm saag? Hammer en beitel?

Maar dit is volgende week of so se probleem. Op hierdie oomblik wil ek net weet hoe neem mens 'n vleiende foto van 'n volstruiseier.

Hierdie was die beste wat ek kon doen. Hulle sê mos die vere
maak die voël - maar as daar nou nie 'n voël is nie, kan die vere seker maar die eier maak.

Geen opmerkings nie:

Projects