hoekom ontwyk jy my?
ek gryp na jou
maar jy bly, altyd, net buite my bereik
ek roep na jou met my kop en my lyf
maar jy kom nie
en hoe meer ek roep
hoe verder weg gaan jy
Sodat ek moed verloor, en die lig aansit.
en soos ek lê met my boek, kom jy weer nader,
treetjie vir treetjie,
suutjies
tot ek jou voel raak aan my oë
my gedagtes uitmekaar trek
my lyf lam maak
stadig, om jou nie skrik te maak nie,
reik ek uit om die lig af te sit
stadig
ek probeer jou by my hou
maar saam met die lig verdwyn jy
is jy weg.
Jy, Slaap.
en my gedagtes begin weer van voor af maal.
- Aug 2001
Vir almal wat vir ons lief is. Die wat nie spesifiek vir ons lief is nie, mag ook maar kyk.
11 September 2010
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
-
'n Lekker Woensdagaand-uitstappie na Le Quartier Francais in Franschoek: 'n ete-fliek combo. Dit is volgens Wikipedia die beste rest...
-
My nuwe kolega Francois het ons saamgenooi om die Doring rivier te kom roei, saam met 'n pel van hom se roei maatskappy. So Vrydag aand ...
-
Onlangs by die werk het ons 'n module aangekoop om 'n beperkte stel I/O te dryf (4 TTL intrees / 4 optiese ge-isoleerde intrees / 4 ...
1 opmerking:
ai ja, ken ook daai gevoel...
Plaas 'n opmerking