07 Oktober 2010

Katermaai

Babsie van langsaan kom soek bietjie aandag by ons kamervenster.

Mia, wat op die dak sit, laaik net niks van die kat wat aandag van my af kry nie. Sy hou die storie baie boos van bo af dop.

Sy sal van naderby moet kom ondersoek instel na die ongeruimdhede wat op haar werf aangaan, so met een sprong is sy bo-op die stellasie wat ons vir die druiwe gebou het. Die wat die bokke die heeltyd afvreet.

Sy kan beter sien as sy van een hoekpaal af loop...

Na die volgende..


Maar nog beter van die wendyhuis se dak af, wat nader aan die indringerkat is.

Die indringerkat is teen die tyd ook deeglik bewus van Mia wat al hoe nader kom, en gee haar misnoƫ luidkeels te kenne.

Die geveg het ek nie afgeneem nie want ek was te besig om hulle te gooi met alles wat op ons vensterbank staan.

Geen opmerkings nie:

Projects