24 Oktober 2010

Mooiste tuine

Dit was ons naweek van in mooi tuine rondloop. Saterdagoggend by Brett en Ronel - hulle landlord doen met sy geld wat ek ook sou gedoen het as ek dit gehad het. Hy maak tuin. Op groot skaal. Dit is die soort tuin waar mens die plante kan hoor groei, waar mens hulle energie rondom jou kan voel as jy daardeur stap vroegmore. En daar is voƫls en bye en goggas - dit is asemrowend.Die hele erf is 'n kloof (onbruikbaar vir landbou) wat hulle in 'n tuin omskep het. Met die huis amper bo - wat 'n uitsig!

Agter die huis is 'n groot fynbostuin, en agter dit 'n groot groot glashuis, en 'n clivia-skaduhuis.

'n Feetjie-rok kleur watsonia.

En 'n meer gewone kleur ene, maar nog steeds pragtig.

Die huis vanaf die glashuis.



Die boonste glashuis - daar is nog ondertoe op die erf. Ek dink die ene is so groot soos 'n rugbyveld, of so iets..

Clivia

Nog tuin

Dieramas, of grasklokkies. Dit is een van my heel gunstelingblomme. Ongelukkig hou hulle nie van my tuin nie.



Geen opmerkings nie:

Projects