10 Oktober 2010

Kaapse draai


Ons het ons vriende Nico en Jeanette Holtzhausen baie lanklaas gesien en toe reël ons weer 'n slag 'n Kaapse draai naweek om by hulle te gaan kuier. Ons het Saterdagoggend vroeg gery, net ons bakkie by hulle huis gedrop en die pad gevat Silwermyne toe om 'n bietjie te gaan stap. Gerhard en Frida van Wyngaardt en hulle twee kiddies was ook saam, so dit was vir ons 'n effens alternatiewe uitstappie. :-) Ons het nie verwag om ver te stap nie, maar op die ou end het die klomp met hulle kinders ons verbaas en ons het omtrent 3 ure 'n baie lekker rondte gestap. Piekniek gehou in 'n lekker klofie waar die kinders bietjie kon bene rek en speel. Na die stappie het ons gou gaan shop by Seven Summits en Cape Union Mart se fabriekswinkel - en al die geld wat ons eintlik wou belê het uitgegee op Cool Gear! Nou moet dit baie koud wees sodat Riaan sy nuwe dik baadjie met bypassende zip -in-fleece kan aantrek, en ons moet in 'n baie droeë area gaan stap waar baie min water is sodat ons die MSR-bladders se 10 beskikbare liters kan volmaak en saamdra, en dit moet eintlik net daarna nog reën sodat al my goedjies droogbly in my dry-inner van my rugsak.
Vanoggend was die koue-front so amper amper op ons, maar ons het nog gou voor hy die Kaap vol getref het 'n surfie by Muizenberg gaan vang, en so in die reën uit die water uitgeklim. Dit was baie lekker om weer in die water op 'n bord te wees - ons doen dit VERSEKER te min. Op 'n stadium het daar 'n rob reg agter Jeanette uit die water gespring, en ek het my asem opgetrek en haar baie groot laat skrik. Sy het wel 'n haai-afweerder op haar bord, 'n baie interessante kontrapsie met 'n lang lyn wat 'n elektriese veld genereer wat veronderstel is om die haaie weg te hou. Sy het haarself ook al 'n keer of wat daarmee geskok, so mens moet maar kies of jy naby haar wil bly en hoop dit hou die haaie van jou af ook weg, en of mens maar uit die ding se skokafstand wil bly! Gelukkig was daar darm baie mense in die water, so statisties maak dit
mens se kans om gevang te word darm seker 'n bietjie minder. En alhoewel die swart vlae gehang het, het ons gereken die water is nie TE troebel nie en die sharkwatchers sal ons betyds kan waarsku as daar gevaar kom.

Fifa (aangeskaf in Junie 2010) het laasweek sy manlikheid verloor en moes 'n versperring tussen sy bek en sy steke om sy kop dra. Die ou stukkie plastiek het nie lank gehou nie en Riaan en Nico moes versterkings aanbring.

Ons piekniek die hele pad vol.

Ek en Adele speel toutjie-toutjie met 'n soggie stukkie pasta.


Haai kyk hoe klein is Tafelberg!


Uitsig oor Kalkbaai

1 opmerking:

Marie het gesê...

Microgreens saad is op pad. Wat is jul adres???

Projects